‘n Roepstem Gaan Op

David Wilkerson (1931-2011)

God wil deurbreek na sy kinders. Soos die Skrif voorspel, kom die duiwel met groot woede teen ons met die wete dat sy tyd min is. Op die oomblik benodig God se kinders ‘n groot uitstorting van die Heilige Gees; ‘n bonatuurlike aanraking wat selfs groter is as die een by Pinkster. Die roepstem wat vandag nodig is, was in Jesaja se tyd gehoor: “Ag as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal ... Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U” (Jesaja 64:1,4).

Op Pinksterdag, het die 120 dissipels in die Bovertrek vergader. Hulle het saamgekom as een liggaam vir een doel: die hoop om Jesus se belofte vervul te sien: “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Lukas 24:49). Die roepstem was dieselfde as in Jesaja se tyd: “Here, skeur die hemele en daal neer. Laat alle teenstand, menslik en demonies, smelt in u teenwoordigheid, sodat die verlorenes gered kan word.” En ons weet wat gebeur het! Die Heilige Gees het neergedaal, met sigbare vuur wat op die dissipels se hoofde verskyn het. Hulle het anders uit daardie vertrek uitgekom en duisende lewens was gevolglik verander.

Beskou wat God op daardie oomblik gedoen het. Oral in die wêreld was daar groot duisternis, maar God se fokus was op 120 nederige, biddende gelowiges wat saamgekom het in ‘n klein, gehuurde kamertjie. En nou, vandag, berei God ‘n volk voor wat hulleself opgewek het om Hom in besit te neem. In klein kerkies en byeenkomste oral in die wêreld, gaan ‘n roepstem op wat meer intens word; “God, skeur die hemele en daal neer. Stuur u Heilige Gees en openbaar u teenwoordigheid.”

Die enigste ding wat daardie 120 dissipels in die Bovertrek gehad het om aan vas te hou, was ‘n belofte van Jesus dat Hy sou kom. En Hy het gekom, met krag nog nie gesien in die hele geskiedenis nie. Net so, vandag, is al wat ons het om aan vas te hou, ‘n belofte van ons Here. Hy het belowe aan almal wat Hom sou volg, “Ek beskik vir julle ‘n koninkryk” (Lukas 22:29).

Tans hoor die Here sy kinders se roepstem oral in die wêreld. Soos die Gees val en ons harte opwek, laat dit ook ons roepstem wees: “Kyk, Jesus kom. Laat ons Hom tegemoet gaan!”

Tags