Hedendaagse Afgodery

David Wilkerson (1931-2011)

In hierdie gesofistikeerde eeu, vind ons dit moeilik om die afgodery van die Ou Testament te verstaan. Dit is ongelooflik om te lees van intelligente mense wat so verblind was dat hulle handgesnede beelde van hout, klip of edele metale aanbid het. Maar dit was die sonde van afgodery wat God se verskriklike toorn oor sy mense gebring het. “En jy, bid nie vir hierdie volk nie ... want Ek sal jou na jou nie luister nie” (Jeremia 7:15).

Dit is God se verklaring teen alle afgodery in die Ou Testament. Maar Hy haat afgodery net soveel vandag. ‘n Nuwe soort afgodery versprei tans deur Amerika. Daar is berigte dat God in verskillende dele van die land werk maar jy moet oppas waarheen jy gaan en onder watter gees jy sit. Jy moet onderskeiding hê sodat jy nie meegesleur word deur ‘n afgodery wat jou sal laat afdwaal van die kruis van Christus nie.

Die kruis – insluitend sy vereistes en hoop – is aan die hart van die evangelie en enige boodskap of aanbidding moet daarop gesentreer wees. Sonder die kruis, is kaf al wat oor is – ‘n verdraaide evangelie wat ‘n belediging vir die Here is. Daar is bedienaars wat intens, welsprekend, aangenaam en baie vindingryk is, maar hulle verkondig “’n ander evangelie.”

Paulus het die dit begin sien gebeur in sy tyd: “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees” (Galásiërs 1:6-8).

Prys God vir ware bedienaars van Christus wat met vrymoedigheid die evangelie van die kruis verkondig. Dit is die skansmuur teen afgodery in die laaste dae!

Tags