Jy is Aangeneem

David Wilkerson (1931-2011)

Aan ons wat in die Nuwe Testamentiese eeu leef, is ‘n groot getuienis gegee. Nie net het ons die werke van Jesus om te aanskou nie, maar ook die groot werke van die eerste-eeuse kerk. Voeg daarby die tweeduisend jaar van goddelike mense wat “groter werke as hierdie doen” en ons kry ‘n glimps van wie ons hemelse Vader is.

Jy kan dalk sê, “Ek ken die Here. Ek het intieme verhouding en ek weet wie ek in Christus is.” Jesus kan dalk egter vir jou sê, “Dit is waar, ons is al vir solank saam en steeds ken jy God nie as jou vader nie.” Die doel van intimiteit met Jesus is om ‘n openbaring te hê van wie die Vader is.

God wil hê ons moet ‘n openbaring van Hom as ‘n vader hê – ‘n hemelse Vader! Jesus het gebid, “Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is” (Johannes 17:21). Jesus het in wese hier gesê, “Jy sê jy wil My ken en dit is goed, maar nou wil Ek hê jy moet my Vader ken soos Ek Hom ken en Hom geniet.”

God het jou egter nie net gekies nie, maar jou as sy kind aangeneem. En sy Gees lei jou om “Abba” tot Hom te roep en te sê, “U het my ‘n mede-erfgenaam gemaak, ‘n broer vir Jesus. U is waarlik myne!”

Hoe wonderlik om te weet dat Hy elkeen van ons gekies het om sy kind te wees slegs op die basis van liefde en genade. In sy genade sê Hy vir jou, “Ek wil jou hê – Ek het jou gekies – omdat ek ‘n Vader vir jou wil wees.”

Lê al jou wêreldse liefdes af en volg Hom vandag!