Moed vir Geestelike Padblokkades

Gary Wilkerson

Die apostel Paulus het ongelooflike dinge vir die saak van Christus gedoen. Hy het toesig gehou oor kerke deur die hele Asië en sommige gedeeltes van Europa terwyl hy ook gedien het as ‘n evangelis en apologeet. As ‘n ware kenner, het hy die saak vir Christus voor howe en konings verdedig.

Paulus was vasbeslote om die evangelie van Christus na die middelpunt van die wêreld – Rome – te neem en in Handelinge 2 lees ons van sy reis na Italië. In hierdie reis, het hy en sy skeepsgenote ernstige teenstand teëgekom: “Omdat die winde teen ons was” (Handelinge 27:4). Dit was ‘n hindernis van die natuur, maar Paulus kon dit maklik as ‘n geestelike padblokkade gesien het.

Paulus se skip het op die rotse geloop en was in stukke verpletter, maar hy het skaars ‘n oog geknip toe die ramp getref het. Hy het sy manne bemoedig, “Daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip. Want daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus ... Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is” (Handelinge 27:22-25).

Paulus het tot op daardie stadium baie verdrukkings gely en hy kon dit alles verdra omdat sy gedagtes altyd op sy sending gevestig was: om Christus te lewe, te verkondig en te dien. Elke Christen is geroep om die genade van God aan ‘n gevalle, sondige wêreld te verkondig. Ons moet die armes bedien, mekaar liefhê en saam aanbid met ware evangelie gemeenskap. Kortliks, ons is geroep om God se liefde aan ander te bring deur ons woorde en dade sodat die wêreld verander kan word. Deur al hierdie dinge te doen, bring ons die lig van Christus na ‘n wêreld van duisternis.

Christene wat kies om op die kantlyn van geloof te sit – wat kerk toe gaan slegs vir vertroosting – sal nie veel weerstand van die vyand kry nie. Maar as jy ‘n gelowige is wat vasbeslote is om vir Jesus te leef en jy het ‘n evangelie visie vir die verlorenes en gebrokenes, sal jy Satan se arsenaal op jou losgelaat kry.

Paulus het nooit sy oë van sy roeping, wat Christus was, afgehaal nie. Dit is waarom hy so kalm deur die hele storm was. Wees aangemoedig om die stem van die Meester te volg! Hy is in beheer en sal jou nooit in die verkeerde rigting lei nie.