Die Pyn van Biddelose Besluite

Tim Dilena

Om God uit jou besluitneming te laat, is gevaarlik en lei tot probleme wat verhoed kon geword het. In die Ou Testament, sien ons Josua ‘n besluit neem wat gelei het dat Israel in ‘n oorlog gewikkel geraak het met vyande teen wie hulle nie hoef te staan gekom het sou Josua verstandiger gewees het nie.

“Die manne van Israel het hulle deurgekyk, die bewyse aanvaar, maar hulle het God nie daaroor geraadpleeg nie” (sien Josua 9:14). Hulle het nie die Here se raad gevolg nie! Josua was beskou as die belangrikste Joodse generaals wat ooit in die geskiedenis van Israel geleef het – ‘n goeie man wat ‘n groot oordeelsfout gemaak het. Daar was nie ‘n klad op sy rekord behalwe hierdie een keer nie. Josua hoofstuk 9 vertel die storie en hoofstuk 10 vertel van die wonderwerk. Dit is ‘n fassinerende storie – die inwoners van Gibeon het gemaak asof hulle honger, moeë reisigers was en het gelieg oor wie hulle was en wat hulle wou hê. Josua het ‘n ooreenkoms met hulle gesluit en binne ‘n paar verse verder, vind ons uit dat hulle stryd, Josua s’n geword het as gevolg van daardie onbesonne ooreenkoms.

Te midde van die stryd, het Josua tot God uitgeroep vir ‘n wonderwerk en die Here het op ‘n dramatiese manier ingegryp – hy het die son laat stilstaan! “En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van ’n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry” (Josua 10:14).

In Spreuke, nooi God ons talle kere uit om sy raad te vra voor ons besluite neem. “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:5-6). “My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig, dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar” (Spreuke 5:1-2).

Biddelose besluite sal stryd byvoeg wat verhoed kon geword het. Daar is groot gevaar wanneer jy God uit jou besluitneming laat en besluit om op jou eie te gaan.

Daar is drie dinge wat jy moet doen om ‘n besluit te neem:

·      Begin met gebed

·      Wend jou tot die Woord

·      Vra raad by wyse mense in jou lewe

Of dit nou ‘n moeilike besluit is of die gevolge van ‘n slegte besluit moet hanteer, die God wat groot genoeg om die son te laat stilstaan duisende jare gelede, laat steeds alle dinge ten goede meerwerk vir die wat Hom liefhet. Vertrou op sy liefde en wysheid in jou lewe vandag.  

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.

Tags