Soek die Heerlikheid van Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het na die aarde gekom as ‘n mens, God in die vlees, sodat Hy ons pyn kon voel, versoek kon word net soos ons en om die Vader aan ons te toon. Die Skrif noem Jesus die afdruksel van sy wese (wat beteken, die presiese gelykenis of ewebeeld) van God. Hy is dieselfde wese en inhoud van God die Vader (“die afskynsel van sy heerlikheid en die adruksel van sy wese” [Hebreers 1:3]), Kortliks, Hy is “dieselfde as” die Vader in alle opsigte.

Tot op hierdie dag, is Jesus Christus die aangesig van God op aarde. En as gevolg van Hom, kan ons ononderbroke gemeenskap met die Vader hê. Deur die Kruis, het ons die voorreg om “sy aangesig te sien” en om Hom aan te raak. Ons kan selfs lewe soos Hy en getuig, “Ek doen niks tensy ek dit van die Here sien en hoor nie.”

“Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, HERE” (Psalm 27:8). God het daardie antwoord vir Dawid gegee toe daardie godvresende man omring was deur ‘n leër afgodedienaars. Vandag, wanneer God sê, “Soek my aangesig,” het sy woorde groter implikasies as enige ander tyd in die geskiedenis.

As die liefhebbers van die bloedbevlekte Christus van Gólgota, moet ons enigste allesoorheersende begeerte in die lewe wees om Hom te soek. Ons een opdrag is om in voortdurende, ononderbroke gemeenskap met die heerlikheid van Christus te wees – om in die Woord die lieflikheid van Jesus te soek en te vra totdat ons Hom ken en Hy ons volle vervulling word.

En ons doen dit met een doel: sodat ons soos Hy mag wees! Dat ons die afdruksel van sy wese kan wees, sodat diegene wat die ware Christus soek, Hom in ons kan sien. Alle evangelisasie, alle wen van siele, alle sendinguitreike is nutteloos, tensy ons Jesus se aangesig sien en voortdurend na sy beeld verander word. Geen siel kan aangeraak word behalwe deur sulke Christene nie. En Jesus het ons geroep om sy aangesig aan ‘n verlore wêreld, wat verward is oor wie Hy is, te weerspieël.

Soos ons dinge rondom ons meer en meer chaotiese sien raak, fluister die Heilige Gees, “Moenie moedeloos word nie! Jy weet hoe dit alles gaan eindig. Die hemele sal oopgaan en die Koning van die konings en Here van die here sal verskyn.”

Elke knie sal buig op daardie dag wanneer ons sy aangesig aanskou!