Wag Gretig Op Jesus se Wederkoms

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus kom binnekort! “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (1 Thessalonicense 4:16-18).

In Grieks, beteken die woord “geroep” om op te wek met woorde, om te wakker te maak, tot aksie oor te haal. Almal wat oorwin, sal die stem van die aartsengel hoor: “Hy staan by die deur! Hy vir Wie jy liefhet het gekom om jou te kom haal!” Dit is geen diskrete koms wat stil in ‘n hoekie plaasvind nie. Nee! Jesus kom met ‘n trompetgeskal, met leërs van engele, met ‘n geroep en met ‘n kosmiese geskal van die aartsengel. Die dooies in Christus sal eerste opstaan om Hom in die lug tegemoet te gaan en wat ‘n donderende gejubel sal dit wees. Dan sal Hy sy engele deur die hele wêreld uitstuur en Sy kinders bymekaarmaak.

Dwarsdeur die geskiedenis heen, het verskillende mense dwaaslik die tyd van Christus se wederkoms voorspel. Menigtes het alles wat hulle gehad het verkoop en na spesifieke plekke gegaan om op sy koms te wag – net om teleurgestel te word. “Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie” (Markus 13:33). Pasop om behep te raak met wanneer en hoe Jesus weer kom as jy liewer moet konsentreer op Wie kom. God het doelbewus die tyd van Christus se wederkoms weerhou om sy kinders in ‘n toestand van waaksaamheid te hou.

“Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Handelinge 1:11). Dit was ‘n verheerlikte Mens wat opgevaar het en dit is ‘n verheerlike Mens wat weer kom! Begeer jy om by die Here te wees? Het jy geweet dit is sy begeerte om by jou te wees? Lewe elke dag in blye verwagting van sy koms op enige uur. En onthou dat totdat Hy kom, is daar baie werk om te doen!