Om God vir Jou Voorsiening te Vertrou

Gary Wilkerson

Baie Christene het tans te doen met groot struikelblokke in hulle lewens: verlies van werk, spanningsvolle huwelike, siekte en kinders wat met geloof sukkel. Hulle dink, “Ek kan nie verby die berg voor my sien nie. As ek nie ‘n deurbraak kry nie, is dit verby met my!”

Dit maak nie saak hoe ellendig die omstandighede in jou lewe is nie, God is reg in die middel van al hierdie dinge. Hy hou daarvan om te wys hoe Hy sorg en voorsien vir hulle wat Hom liefhet en hulle vertroue in Hom stel. ‘n Volmaakte voorbeeld hiervan, word gevind in die wonderwerk van Elisa en die arm weduwee wat behoeftig en desperaat was. In daardie dae, as jy nie jou verpligtinge kon nakom nie, het krediteure jou kinders sowel as jou besittings geneem.

“En ‘n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die Here gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem” (2 Konings 4:1). Elísa kon haar verwys het na die tempel vir hulp maar hy het in ‘n ander rigting gelei gevoel. Hy was op die punt om God in aksie in haar lewe te openbaar.

Die vrou het slegs een fles olie in haar huis gehad en die profeet het haar beveel, “Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie” (4:3). In die Skrif verteenwoordig olie God se seën en voorsiening. Elisa het haar verder opdrag gegee, “Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is” (4:4).

Die weduwee het die leiding van die profeet gehoorsaam en terwyl sy die olie uit haar eie fles gegiet het, het dit die geleende flesse gevul, een na die ander, totdat hulle almal vol was. Dit was ‘n onophoudelike voorsiening van olie!

As God vir ons sê dat Hy in ons nodige behoeftes sal voorsien, is dit nie net ‘n klein bietjie nie. God het alles wat ons nodig het – absoluut alles. Die flesse in hierdie storie verteenwoordig ons kapasiteit vir geloof; hoe meer “flesse” ons na God bring, hoe meer vul Hy ons. Hierdie verhaal herinner ons om Hom te vertrou vir ons voorsiening, of dit nou materieel, emosioneel of geestelik is.

Nie net was hierdie weduwee se behoefte aangespreek nie, maar nou het sy ‘n kragtige getuienis van ‘n verstommende verlossing vir haar bure gehad. Haar storie kan joune wees as jy God vertrou vir sy oorvloedige voorsiening in jou lewe.