Die Absolute Genade van God

David Wilkerson (1931-2011)

In die storie van Sodom en Gomorra, het afskuwelike goddeloosheid geheers en God was nie gelukkig nie. Hy het twee engele na Sodom gestuur om Lot, sy kleinneef te waarsku oor die verwoesting wat op pad was. Lot was ‘n regverdige man (sien Génesis 18:19) wat in hierdie stad vol verregaande boosheid gebly het en God wou hom waarsku oor die naderende verwoesting van Sodom sodat hy saam met sy familie kon ontsnap.

Lot was huiwerig om uit die stad te gaan en daarom het die engele hom en sy gesin letterlik aan die hande gevat en hulle van die verwoesting af weggelei het. “Omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad” (Génesis 19:16). Dit is belangrik om daarop te let dat, hoewel Lot regverdig was en God iets goeds in hom gesien het, was hy verlos weens die Vader se genade.

Vandag in die kerk, is daar regverdige mense wat God dien en sedelike lewens leef. Dit is egter net as gevolg van die bloed van Jesus Christus en nie weens enige goedheid of sedelikheid wat die Here in hulle gesien het dat hulle gered is nie. Dink aan toe jy gered was. Die Gees van God het jou aan die hand gevat en jou buite bereik van boosheid en wederstrewigheid geplaas. Hy het jou uit die oordeel – uit Sodom – gehaal en jou ver van verwoesting af weggelei.

Ons praat van die verskriklike sondes van Sodom, maar as ons vandag na ons wêreld kyk, sien ons die sondes van ons samelewing wat tot aan die hemel reik. Sensualiteit, onsedelikheid en goddeloosheid word meer en meer vermetel, onbeheers amper tot op die punt van ondenkbaarheid. Hoe is dit dat ons nie daarin vasgevang word nie? Waarom word ons nie deur die sedelike grondverskuiwing meegesleur nie?

Ek sê vir jou, dit is alles weens die absolute genade van God! “Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” (Psalm 86:15).

Geliefde, ondersoek God se Woord en glo alles wat Hy oor sy genade vir jou gesê het.