Waak oor Jou Gebedslewe

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hoor deur die jare heen van komplotte maar daar is slegs een komplot waaroor ons hemelse Vader begaan is – ‘n plan direk op Christene gemik wat hulle harte daarop ingestel het om die volheid van Christus te betree. Hierdie komplot is bedoel om God se plan te verydel om ‘n leër van geheiligde mense op te rig – mans en vroue wat hulle volkome verbind het aan die heerskappy van Jesus in hulle lewens! Laat ons dit ‘n komplot van onderbrekings noem.

Die duiwel is in der waarheid vreesbevange vir Christene wat honger en dors na geregtigheid. Trouens, hy vrees biddende heiliges meer as wat hy ‘n duisend jaar in boeie vrees. Die kragdadige gebede van net een voorbidder klink soos siedende donderslae in die spelonke van die hel. Dit is waarom die duiwel so hard werk om so ‘n volgeling van Christus se aandag af te trek en te onderbreek.

Een van die gunsteling slenters van die vyand is om menslike nood wat ons aandag verg te bring. Ons roep uit, “Here, hoe kan ek hulle wat hartseer beleef wegwys en verwaarloos?” Die antwoord van die Here is, “Hoe kan jy My verwaarloos?” Dit is die kern van die saak.

Kan enigeen of enigiets ooit vir ons belangriker wees as ons Here? Behoort enige behoefte of hartseer ons ooit te weerhou om die Here self te ontmoet? Selfs Jesus het Homself onttrek van die massiewe menslike behoeftes oral rondom Hom sodat Hy stil met sy hemelse Vader kon kommunikeer. Daar kom ‘n tyd in elke Christen se lewe waar hy moet sê, “Jy kan wag. Ek sal terugkom maar eers moet ek tyd in gebed deurbring. My siel is honger en ek moet op God se Woord voed. As ek nie tyd alleen met die Here deurbring nie, sal ek niks hê om jou te bied nie behalwe my feilbare menslike deernis.”

Om oor jou gebedstyd te waak en al die sataniese komplotte te weerstaan, kan jy drie dinge doen:

  1. Maak gemeenskap met die Here jou belangrikste doel in die lewe. Job sê, “Die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet” (Job 23:12).

  2. Beskou jou afsprake met God heiliger as enige ander afsprake met mense – maak nie saak wie hulle is nie!

  3. Verwerp elke onderbreking wat binne jou mag is en neem geestelike gesag oor daardie onderbrekings wat jy onderskei bonatuurlik is.

Gaan in die volheid van jou lewe met Christus in, soos God vir jou beplan het.