Angs Oor Sonde

David Wilkerson (1931-2011)

Talle Christene is liefhebbers van Jesus, maar hulle sondig teen die lig wat aan hulle gegee is. Hulle het al duisende regverdige preke gehoor, die Bybel vir baie jare lank gelees en tallose ure in gebed deurgebring. Maar hulle het toegelaat dat ‘n boesemsonde in hulle lewens oorbly en hulle gemeenskap met Jesus afgesny het. As die Heilige Gees jou oortuig van ‘n sonde waarmee jy nog nooit mee afgereken het nie, kom dit met ‘n waarskuwing: “Hierdie sonde moet weg! Ek sal die manier van hoe jy daaraan toegee, nie oorsien nie.”

Koning Dawid het gesondig en die Here het dit vir die hele wêreld geopenbaar om te sien (lees die storie in 2 Samuel  en 12). Hy het baie eksterne probleme gely en was innerlik geteister, bang dat die Here hom heeltemal verlaat het: “U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes” (Psalm 88:7). Toe baie angste Dawid oorval het, het hy bely, “As ek aan God dink, moet ek steun” (77:3).

Dawid was ook benoud oor die skandaal wat hy geskep het, en sy droefheid oor die skande wat hy veroorsaak het, was so oorweldigend, dat hy God gesmeek het, “Red my van al my oortredinge; maak my nie ‘n smaad van die dwaas nie” (Psalm 39:9). Elke oomblik wat hy wakker was, was gevul met gedagtes dat hy neergeslaan sou word met toorn en hy het uitgeroep, “O HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie” (Psalm 38:2). ‘n Verslae Dawid het uit die diepstes van sy hart uitgeroep, “Wees my genadig, o God” (51:3) en die Here was gou om te vergewe en soete gemeenskap met Hom te herstel.

As jy ‘n gevoel van mislukking het en jy swak, siek voel in jou siel en op die punt is om flou te val, is dit dalk omdat jou sonde jou afgesny het van gemeenskap met God. Maar dank God vir sy barmhartigheid! Hy plant ‘n heilige vrees vir die Here in jou gees en dit is ‘n goeie ding. Wanneer die Here sien dat een van sy kinders met een of ander binding stry, tree Hy vinnig op om Hom terug op die pad na gehoorsaamheid en vrede te bring.

Wees verseker dat God vergifnis vir elke sonde belowe het: “Want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie” (Jeremia 31:34). Aanvaar sy vergifnis en lewe in hernude vryheid en soete gemeenskap met jou hemelse Vader.