‘n Doelgerigte Lewe

Gary Wilkerson

Toe jy Jesus aanvanklik leer ken het, was jou hart waarskynlik gevul met klinkklare, duidelike doelgerigtheid. Jy het God genesende liefde beleef en, soos baie nuwe Christene, het jy begeer om dit met ander te deel, te evangeliseer en te dien. Soos jy toegeneem het in hierdie nuwe lewe, het jy begin om beter te onderskei wat jou rol in God se koninkryk en jou gawes is om Hom te dien.

Maar toe het iets eienaardig begin gebeur. Amper daagliks, was jou enkelvoudige fokus op Jesus deur ander eise verdring. Klein dingetjies het opgeduik wat jou aandag geverg het en dit so afgetrek dat jy jou doelgerigtheid verloor het. Dit is jammer dat Christus in die agtergrond van jou aandag begin verdwyn het.

Die Flying Wallendas, ‘n familie bekend vir die uitvoer van hoë touloop vertonings sonder ‘n veiligheidsnet, demonstreer hierdie behoefte vir laseragtige fokus. In Junie 2013, het Nik Wallenda sy familie se lengende uitgebrei deur oor ‘n kloof in die Grand Canyon te loop. Met ‘n balanspaal in die hand en ‘n doelgerigte vasberadenheid, het hy teen ‘n kwaai wind oor die kloof baklei, sonder dat sy aandag vir ‘n oomblik afgetrek was. Sy fokus was letterlik ‘n saak van lewe en dood!

As Christene, het ons selfs ‘n hoër roeping en ons moenie dat ons aandag afgetrek word tot op die punt van afdwaling en middelmatigheid nie. Johannes die Doper sou nie toegelaat het dat sy aandag afgetrek word nie. Toe ‘n teologiese twispunt ontstaan en verskeie dissipels probeer het om hom daarby te betrek, het hy dit nie toegelaat nie. Hy het vir hulle gesê, “Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is ... Hy moet meer word, maar ek minder” (Johannes 3:28,30). Sy fokus in die lewe was duidelik; sy heilige roeping was volkome rondom Jesus gesentreer.

Vandag veroorsaak ons suksesgedrewe kultuur dat ons die dinge vir onsself soek. Maar ons oorheersende passie moet vir Christus en die verkondiging van die koninkryk van God wees, net soos Johannes gedoen het. Jy kan God se eie Gees sonder mate hê om jou te lei in die doel wat Hy vir jou beplan het. Maak seker dat jy jou doelwitte op Jesus gerig het en die feit dat Hy jou belangrikste rede om te lewe is!