Bewaar God se Woord in Jou Hart

David Wilkerson (1931-2011)

In vorige geslage, het God sekere mans en vroue op ‘n kragtige manier aangeraak en gesalf. Hierdie volgelinge van God was in vervoering met die Here en sy saak en het met geloof opgestaan. Hulle het wakker geword en die bestemmings van hele nasies verander – en een so ‘n man was Daniël.

“En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen” (Daniël 9:3-4).

Die profeet Daniël het die tye onderskei, omdat hy God se hart geken het. “Ek, Daniël, [het] in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het” (Daniël 9:2). Daniël het op hierdie pad van kennis en onderskeiding gekom deur die bestudering van God se Woord. Hy het toegelaat dat die Skrifte ten volle van hom besit geneem het en hy het dit dikwels en breedvoerig aangehaal, omdat hy dit in sy hart bewaar het.

In Daniël 10 was aan hierdie godvresende profeet ‘n visioen van Christus gegee. Toe “het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ‘n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas ... en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur ... en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte” (Daniël 10:5-6).

Daar was egter ander mans saam met Daniël toe hy die visioen gesien het. Hierdie mans moes gelowiges gewees het omdat Daniël vir homself ‘n standaard gestel het om nie met goddelose mense te assosieer nie. Tog was hierdie gelowiges wat saam met hom was, nie soos Daniël nie en daarom, toe die visioen kom, het daardie manne gevlug. “En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg” (Daniël 10:7). Waarom het hulle vreesbevange gevlug? Omdat hulle verborge sonde in hulle harte gehad het.

Rig God sulke manne en vroue op vandag? Ons weet God “is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8). Ons dien dieselfde God as vorige geslagte; trouens, ons besit iets wat daardie godvresendes van ouds nie gehad het nie – die gawe van sy Heilige Gees.

Geliefde, ek moedig jou aan om vervul te word met die Gees, jou aangesig op die Here te rig en uit te stap en afgesonder te word.