Vind Jou Vrede in die Heilige Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Soms vra jy jouself miskien af, “Waarom is ek so moedeloos? Waarom het ek al hierdie vrese?” Jy moet weet dat dit altyd ‘n Heilige Gees saak is. Jesaja sê dat die Heilige Gees vrede gee en daar kan geen vrede sonder geregtigheid wees nie. “En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. En my volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus” (Jesaja 32:17-18).

Wanneer die Heilige Gees uitgestort word, is vrede die gevolg. En as daardie effek nie teenwoordig is nie – as daar steeds onrus is – dan moet ons in ons eie harte kyk. Verder, sê die Skrif vir ons dat die Heilige Gees gegee word aan diegene wat met geloof vra. Leef, wandel en beweeg jy in die Gees? Dit maak nie saak hoe suksesvol jou lewe oënskynlik is nie; jou ondersteuning van die Gees moet altyd vernuwe word. Paulus praat van sy eie “ondersteuning van die Gees van Jesus Christus” en vra die Filippense vir “julle gebed” (Filippense 1:19).

Prys God vir al die mans en vroue wat nie die Gees verloor het nie en aan die brand is met die Heilige Gees. Jesaja gee vir ons goeie nuus: “Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het. Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge” (Jesaja 44:1-3).

Judas verseker ons: “Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hule eie goddelose begeerlikhede wandel. Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie. Maar julle, geliefdes, moet jullself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag” (Judas 17-21).

Bid hierdie gebed vandag: “Heilige Gees, wek my siel op! Trek my na die binnekamer van gebed tot U. Dissiplineer my om op U te wag, om uit te roep, om nie op te hou totdat U my vul nie. Ondersteun my met u rus en versekering dat U my sal dra deur wat ook al mag kom.”