BABA WA SIKU ‘n Alomteenwoordige Vader

Claude Houde

In die Skrif, openbaar God sy natuur aan ons deur sy name. In Génesis, openbaar Hy Homself as Elohim, die voortreflike Skepper, waardig om aanbidding te ontvang. In Jesaja, openbaar Hy Homself as Immanuel, God met ons – en wys ons sy groot liefde vir ons deur af te kom en ons tegemoet te kom.

Toe God vir Moses gevra het om sy volk uit slawerny te lei, het Hy vir hom ‘n nuwe openbaring gegee van sy name om hom toe te rus en hom te versterk. “Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? — wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur” (Exodus 3:13-14).

Dit maak nie saak wat jy beleef nie, maak nie saak wat jy in jou lewe op hierdie oomblik verduur nie, God is die Ek Is. Hy is nie die Ek was eens of Ek is miskien eendag nie. Nee, Hy is jou Here, jou God, jou Ek Is – nou. Die Skrif verwys altyd na God in die teenwoordige tyd omdat ons gisters en môres het, maar God het nie ‘n gister of môre nie. God is altyd die nou God, die alomteenwoordige Vader.

Psalm 86:11 sê, “Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.” Wat ‘n gebed wat sê, “Here, bring my hart by ‘n plek van nooit nutteloos leef nie. Ek wil hê dat my lewe u Naam heilig. Ek wil hê dat my getuienis en my woorde u Naam heilig. Ek wil hê dat die waarheid, die blydskap, my egtheid en my karakter u Naam heilig. Laat u Naam geheilig word in my lewe!”

Jesus die Messias is ons hoop, ons vrede, ons onuitspreeklike blydskap en volle glorie. Hy is ons Rots en ons Profeet, ons Hoëpriester en ons Verlosser, die Seun van die Mens, die Seun van die Allerhoogste God. Ontvang God se vrede vandag, ontvang vryheid van angs, vryheid van vrees – en aanbid die magtige Naam van Jesus!

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.