Van Sukses tot Dienaarskap

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Paulus nog bekend was as Saulus, was hy op pad na Damaskus met ‘n klein leër om Christene gevange te neem, hulle na Jerusalem terug te bring, hulle in die gevangenis te werp en te martel. Maar op pad, het Jesus aan hom verskyn en hy het op die grond neergeval (sien Handelinge 9:3). Bewend en verstom, het hierdie misleide yweraar gevra, “Here, wat wil U hê moet ek doen?” Jesus het hom gelei om na die stad te gaan, waar hy “drie dae lank ... niks gesien nie, en niks geëet of gedrink [het] nie” (9:9).

In daardie drie dae se tyd, was Paulus se gedagtes vernuwe toe hy die hele tyd in intense gebed deurgebring, sy vorige lewe in oënskou geneem en sy goddelose weë verwerp het. Dit was toe dat Saulus Paulus geword het. Hy was “’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus. En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is” (9:19-20).

Paulus was ‘n man wat kon sê, “Ek was ‘n invloedryke man; al my tydgenote, insluitend my mede Fariseërs, het na my opgekyk. Ek was ‘n kragtige leraar van die Wet, as ‘n heilige man beskou en het die leer geklim. Maar toe Christus my gevange geneem het, het alles verander. Die strewe, die wedywer, alles wat ek gedink het aan my lewe betekenis gegee het, was oorgegee. Ek het besef dat ek die Here heeltemal gemis het.”

Paulus het eens gedink dat al sy godsdienstige ambisie, sy werke, sy wedywering, sy besigwees, alles geregtigheid was. Hy het gedink dit was alles tot eer van God. Nou het Christus aan hom geopenbaar dat dit alles vlees was, alles vir self. Daarom het Paulus gesê, Ek het “my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win” (1 Korinthiërs 9:19). Hy het in wese gesê, “Ek lê alle begeertes na sukses en erkenning neer en ek is vasbeslote om ‘n dienaar te wees.”

Paulus het geglo dat die gedagtes van Christus ‘n mens se liefdes vir altyd verander. Toe Christus sy totale satisfaksie geword het, het hy sy liefdes op die hemelse dinge gerig: “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God” (Kolossense 3:1-3).

Ons gebed moet wees, “Here, ek wil nie net op myself fokus in ‘n wêreld wat buite beheer spin nie. Ek weet dat U my pad in u hande hou. Here, asseblief, gee my u gedagtes, u denke, u belange.”