God Se Intieme Sorg vir Jou!

David Wilkerson (1931-2011)

In tye van rampspoed, mag ons wonder, “Waarop is die Here se oë gefokus in al hierdie dinge?” Ons kan seker wees dat God nie gefokus is op die wilde planne van onbesonne leiers, maak nie saak hoe magtig hulle is nie. “Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid ... Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos ’n stoppel” (Jesaja 40:23-24).

Jesaja sê vir ons, “Sodra hierdie ‘saad’ geplant word en wortel skiet in die grond, blaas God op hulle en hulle verwelk. Die goddelose heersers op die aarde word vasgevang in hierdie storm en soos kaf weggewaai. Hy reduseer hulle tot niks.” Om dit teenoor ons te bewys, het Jesus gesê, “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel” (Matthéüs 10:28).

Selfs te midde van die groot wêreld onrus, is God se belangrikste fokus nie op die tiranne nie; sy fokus is op alle omstandighede en die fynste besonderhede van sy kinders se lewens. Christus sê in die volgende vers, “Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie” (10:29).

In Christus se tyd, was mossies die vleis van die armes en verkoop vir ‘n stuiwer. Op die strate kon gesien word hoe voëlvangers mandjies vol gevangde mossies dra. Jesus het egter gesê, “Nie een van hierdie klein skepsels val op die grond sonder dat julle Vader dit weet nie.” Volgens Bybelse verklaarder William Barday, beteken Jeus se woord “val” in die bogenoemde verse baie meer as die voëltjie se dood. Die Aramese betekenis is “om op die grond te hop.” Met ander woorde, “val” dui hier op elke klein gewonde sprongetjie wat ‘n voëltjie maak.

Christus sê in wese vir ons, “Jou Vader se oog is op die mossie, nie net wanneer dit sterf nie, maar selfs wanneer dit op die grond hop. God sien elke klein gesukkel, en Hy is begaan oor elke besonderheid van sy lewe.”

Jesus sê dan, “Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies” (10:31). Eenvoudig gestel, die Een wat die sterre gemaak en getel het, wat die melkweë in hulle wentelbane hou, het sy oog op jou. So vind rus en versekering in Hom!

Tags