‘n Geloof Wat Getuig Besit

David Wilkerson (1931-2011)

Hierdie boodskap is vir elke Christen wat op die rand van uitputting en oorweldig is met jou huidige situasie. Jy is ‘n getroue dienaar, het ander gevoed en is vol vertroue dat God die onmoontlike vir sy kinders kan doen. Jy het egter steeds voortslepende twyfel oor God se gewilligheid om in jou huidige stryd in te gryp.

 Dink aan diegene in die liggaam van Christus vir wie jy woorde van geloof en hoop gegee het, mense wat skynbaar hopelose situasies beleef het. Jy het hulle aangemoedig, “Byt vas! God doen wonderwerke en sy beloftes is waar. Moenie ophou hoop nie, want Hy sal jou hulpgeroep antwoord.”

Jesus maak hier ‘n stelling gemaak teenoor gelowiges van elke geslag: “Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae my My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie” (Matthéüs 15:32). Hy sê in wese vir ons, “Ek sal meer vir my kinders doen as om hulle gesond te maak. Ek sal seker maak dat hulle genoeg brood het om te eet. Ek is begaan oor alles wat in hulle lewens aangaan.”

Ons almal glo God kan wonderwerke doen. Ons glo in al die wonderwerke waarvan ons in die Skrif lees. Maar dit is egter nie genoeg nie. God se vraag aan al sy kinders op hierdie oomblik is: “Glo jy Ek kan ‘n wonderwerk vir jou doen?” En nie net een wonderwerk nie, maar ‘n wonderwerk vir elke krisis en in elke situasie wat ons beleef.

Ons geloof in moeilike tye verkry vir ons “‘n goeie getuienis.” “[Deur hulle geloof] het die mense van die ou tyd getuienis ontvang” (Hebreërs 11:2). Die Griekse woord hier vir “ontvang” beteken “om getuienis te dra, om ‘n getuienis te word.” Ons voorouers in die Here het ‘n standvastige, geankerde geloof gehad. En hulle onwrikbare geloof het vir die wêreld ‘n getuienis van God se getrouheid te midde van swaar tye geword.

As jy in Hom rus deur die storms heen en jou geloofsposisie behou, dan verkry jy ‘n “goeie getuienis.” En jy dien as ‘n baken van hoop vir hulle rondom jou. Diegene wat jou lewe dophou – by die huis, by die werk en in jou straatblok – ontdek dat hoop vir hulle beskikbaar is.

Ons God het vir ons alles voorsien wat nodig is om ons geloof in stand te hou, selfs as teenspoed toeneem. Aan ons is die getuienis gegee van die Heilige Gees, wat in ons bly, en God het sy Woord ten volle in die Skrif geopenbaar. Hierdie dinge sal ons ondersteun en vir ons ‘n goeie getuienis verskaf, selfs as die wêreld sidder.