Om in Christus te Wees

David Wilkerson (1931-2011)

“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus” (Efésiërs 1:3). Paulus sê in wese vir ons, “Almal wat Jesus volg, is geseënd met geestelike seëninge in die hemel, waar Christus us.” Wat ‘n fenomenale belofte aan God se kinders.

Hierdie belofte is egter net woorde as ons nie weet wat hierdie geestelike seëninge is nie. Hoe kan ons die seëninge van God geniet as ons dit nie verstaan nie?

Paulus het hierdie sendbrief geskryf “aan die gelowiges in Christus Jesus” (Efésiërs 1:1). Hulle was gelowiges wat seker was van hulle verlossing. Die Efésiërs was goed opgelei in die evangelie van Jesus Christus en die hoop van die ewige lewe. Hulle het geweet wie hulle in Christus was en was verseker van hulle hemelse posisie in Hom.

Hierdie “gelowiges” het volkome verstaan dat “[God] Hom [Jesus] uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemel” (1:20). Hulle het geweet dat hulle deur God uitverkies was “voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees” (1:4). Hulle het besef dat hulle aangeneem was “as sy kinders vir Homself...deur Jesus Christus” (1:5). God het hulle in sy familie ingebring, want toe hulle die woord van die waarheid gehoor het, het hulle dit geglo en vertrou.

Talle vergeefde, gereinigde, verloste mense is ongelukkig. Hulle het nog nooit die gevoel van vervulling in Christus gehad nie. In plaas daarvan, gaan hulle heeltyd van pieke na valleie, van geestelike hoogtepunte na depressiewe laagtepunte. Hoe kan dit wees? Dit is omdat baie nooit verby die gekruisigde Verlosser na die opgestane Here wat in die hemel woon kom nie.

Op sy beurt, is Christus in die Vader en sit aan sy regterhand. As ons in Christus is, dan sit ons in werklikheid saam met Jesus in die troonkamer, waar Hy is. Dit beteken dat ons in die teenwoordigheid van die Almatige sit. Dit is waarna Paulus verwys as hy sê dat Hy ons “saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:6). Ja, Jesus is in die paradys. Maar die Here woon ook in jou en my. Hy het ons sy tempel op die aarde gemaak, sy woonplek.

Tags