Om die Lewe en die Lig te Hê

David Wilkerson (1931-2011)

Waarom is regeringsleiers en die media so neerhalend teenoor Christene? Waarom het so baie jongmense Christenskap afgeskryf as ontoepaslik op hulle lewens?

Dit is omdat die kerk oor die algemeen nie langer ‘n lig is nie. Christus heers nie oor ons samelewing nie omdat Hy nie in ons lewens heers nie. As ek vandag rondkyk, sien ek min mense in God se huis wat werklik een met Christus is, en min bedienaars weier wêreldse metodes om God vir hulle leiding te vertrou.

Dierbare gelowiges, ons kan nie die duisternis van die wêreld vir die kerk se gebrek aan impak blameer nie. Beskou die geestelike korrup koninkryk van Babel tydens die tyd van Nebukadnesar. Op sy tyd was dit die magtigste koninkryk op aarde, maar Nebukadnesar was nie die werlike heerser in Babel nie. Die krag agter die koninkryk was nie in die goue beeld wat hy later opgerig het nie. Nee, Babel se gesag het in God se voorsienigheid gerus en in die hande van ‘n klein groepe manne wat deur God gelei was.

Die Here het ‘n geheime, hemelse regering opgestel en dit was beheer deur Daniël en sy drie vriende. Hierdie manne was God se regerenede instrumente omdat hulle in die hemelse koninkryk gewerk het. Die gevolg was dat hierdie heilige manne die tye geken het. Hulle kon vir die mense sê wat God se wil vir die nasies was. Hulle was slim, stralende ligte vir almal rondom hulle omdat hulle die lewe van God in hulle gehad het.

In 2 Konings 6:8-23, lees ons van nog ‘n man van God wat ‘n groot impak gehad het op die koninkryk waarin hy geleef het. Op daardie tydstip, was Aram in ‘n oorlog met Israel gewikkel. Tydens hierdie konflik, was die profeet Elisa God se geheime regering en hy het met gesag geheers. Elisa het van die Here gehoor, boodskappe na Israel se koning gestuur en hom gewaarsku oor elke beweging wat die Aramese leër gemaak het. Toe die Aramese koning uitgevind het van Elisa se boodskappe, het hy die profeet se tuisdorp omsingel met ‘n bataljon troepe. God het die Arameërs verblind en Elisa het op die ou end hulle gevange geneem en gelei tot in Israel se laer.

Elisa het die lig gehad omdat hy die lewe van God in hom gehad het. Vandag het ons land gelowiges nodig wat daardie soort heilige passie en nabyheid aan God het. Vir God se gesag om enige impak op ons land en kultuur te hê, moet dit uitgeleef word in gehoorsame werktuie.