‘n Herlewing van Heiligheid

David Wilkerson (1931-2011)

God word nooit onkant gevang deur enigiets wat in ons wêreld gebeur nie. Hy is nie verras oor die verskriklike dwelmplaag of die bloedbad van aborsie nie. Wat is dus sy reaksie in tye van onrus en verdorwenheid? Wat stel Hy voor as ‘n teenmiddel teen afvalligheid en groeiende demoniese mag?

God se antwoord is dieselfde as wat dit nog altyd was – om die oorwinning van God op ‘n nuwe manier te voorskyn te bring. In Nehemia se tyd, was die mure van Jerusalem in puin, die stad was letterlik ‘n hoop klippe en die kerk was totaal afvallig. Die bose magte wat Israel omring het, het hulle ernstig vervolg en alle werk wat hulle probeer onderneem het, bespot.

Hoe het God in so ‘n tyd van verwoesting gereageer? Het Hy ‘n goed opgeleide burgermag gestuur om hulle te help? Het Hy ‘n paleiswag gestuur om hulle prominente vyande te verslaan? Nee, God het een mens opgerig – Nehemia – wat sy tyd deurgebring het om te bid, te vas en te treur omdat hy gebroke was oor Israel se toestand. Hy het ook voortdurend in God se Woord gedelf, profesie begryp en in die Gees beweeg. Hy het homself afgesonder van al die goddeloosheid om hom en het ‘n heilige lewe met die Herel gehandhaaf. En op hulle beurt, was almal wat hom hoor preek het, in hulle siele gereinig. 

Gou het ‘n herlewing van heiligheid deur die land versprei. “En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig” (Nehemia 12:30). Die huis van God was ook gereinig, met alles van die vlees wat uitgesmyt was. Nehemia het werkers in die tempel ingestuur en vir hulle gesê, “Gooi alles wat te doen het met afgodery en sensualiteit weg!”

Nehemia het die geestelike gesag gehad om goddelike vrees terug te bring na die tempel omdat hy op sy knieë was, huilend, gebroke, soekend na God se hart. En as gevolg daarvan, kon hy die sondes van ‘n hele nasie bely: “Laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg  ... [vir] van die kinders van Israel” (Nehemia 1:6)

Geliefde, dit is God se konsep van herlewing! Elke kamer van jou hart wat onrein en onheilig is, moet uitgevee word – geen donker plekke oor nie. “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee op nuut in die binneste van my ‘n vaste gees” (Psalm 51:12).

Besluit vandag in jou hart om die mens van God te wees wat ‘n verandering in die wêreld rondom jou teweegbring.

Tags