Die Buit van Geestelike Oorlogvoering

David Wilkerson (1931-2011)

“Van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus” (1 Kronieke 26:27). Hierdie vers open vir ons die diepgaande, lewensveranderende waarheid. Dit spreek van buit wat net in die stryd gewen kan word, en wanneer hierdie buit gewen is, word dit daaraan toegewy om God se huis op te bou.

Deur die magtige waarheid agter hierdie vers te begryp, sal ons in staat stel om te verstaan waarom die Here intense geestelike oorlogvoering dwarsdeur ons hele lewens toelaat. God laat nie net ons stryd toe nie, maar Hy het ‘n heerlike doel daarmee.

So, wat is die “buit van oorloë”? Die eerste noem van buit in die Bybel is in Génesis waar ‘n bondgenootskap van konings Sodom en Gomorra binnegeval het. Hierdie aanvallers het die inwoners gevange geneem en hulle besittings geplunder: “En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra ... geneem ... Hulle het ook, Lot, Abram se broerskind...geneem” (Génesis 14:11-12).

Toe Abram verneem het dat sy broerskind, Lot, gevange geneem is, het hy sy leër byeengeroep, die aanvallers ingehaal en Lot en sy besittings teruggebring (sien 14:15-16). Terwyl Abram sy seëvierende optog van vreugdevolle mense huiswaarts lei, het hy Melgisédek, die koning van Salem, teëgekom en gelei gevoel om ‘n tiende van sy buit vir hom te gee (sien 14:20). Waarom sou Abram ‘n tiende gee vir hierdie koning? Omdat Melgisédek die “priester van God, die Allerhoogste” was en Abram wou help om die diens in God se huis in stand te hou.

Stel jou voor die toneel net ‘n paar ure voor Abram daardie aanvallers oorval het. Satan moes gespog het. Sy leërs het pas die hele bevolking van twee stede weggevoer, insluitende een regverdige man wat daar gebly het. Satan het Lot as “buit” geneem saam met groot troppe beeste, wavragte kos en klere en kiste vol goud, silwer en kosbare edelstene. Abram se klein leër het die bondgenote se leër heeltemal verslaan, die mense bevry en ‘n massiewe karavaan besittings buit gemaak. Die buit wat aan Sodom en Gomorra behoort het, was teruggegee, maar die buit van die aanvallers was deur Abram gehou. En hy het dadelik ‘n deel vir die werk van die Here gegee.

Hier is die beginsel wat God wil hê ons moet begryp: Ons Here is in baie meer geïnteresseerd as om net oorwinnaars van ons te maak. Hy wil vir ons buit, besittings en geestelike rykdom uit ons oorlogvoering gee. Dit is waarna Paulus verwys wanneer hy sê, “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het” (Romeine 8:37). Ons moet uit ons stryd kom met hulpbronne wat ons kan gebruik om die huis van God te seën en te onderhou.