God Se Doel Met Hierdie Middernag Uur

Hy wat ore het om te hoor, laat hy hoor wat die Gees aan die kerk sê. "Hoekom is julle hier? Presies wat is God se doel met julle in hierdie uur van krisis? Weet julle wat God van Sy kerk verwag in hierdie tye? Wat is God se een groot doel?"

Hoe treurig is dit tog dat so min vandag hierdie vrae kan beantwoord. Daar is slegs `n klein aantal mense oor wat God se doel vir Sy kinders in hierdie laaste dae verstaan. `n Groot aantal predikers blaas trompette wat onsekere geluide maak. Die onsekerheid op die preekstoel het die verspreiding van `n wolk van onsekerheid in die gemeente tot gevolg. Menigte van Christene wat profeteer dat hulle die magtige God dien, leef in gebondenheid en wanhoop. Daar is soveel vernietiging! Klem wat geplaas is op die verskeie leerstellings vanaf evangeliste en leermeesters het net bygedra tot die verwarring. Baie honger siele vra "Wie is reg? Wat is God se doel met vandag? Wat is God se doel in hierdie middernag uur? Is dit wonderwerke? Uitdryf van demone? Dissipelskap? Groei van die kerk?"

Ek glo dat God maar een groot oogmerk vir Sy mense het sedert die kruis. Dit sal nie verander totdat God terugkeer in heerlikheid nie. God se oogmerk het te doen met die verstaan van die geheimenis om die evangelie, soos bekend gemaak is aan die apostel Paulus. Dit is nie meer `n raaisel nie.

Paulus het gesê:

".Hy het sy geheimenis deur `n openbaring aan my bekend gemaak.Nog nooit tevore in die geskiedenis is die is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie.Ek moet aan almal bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het" (Efesiërs 3:3-9).

Die raaisel wat bekend gemaak is, is eenvoudig dit: Christus se liggaam is steeds hier op aarde!

Net die kop is in die hemel; die res van die liggaam is hier op aarde. Ons wat Hom liefhet en dien is Sy liggaam. Ons is die sigbare gedeelte, dit wat die mensdom van Christus op aarde sien.

"Omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is" (Efesiërs 5:30).

"Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk." (Kolossense 1:18).

God se hele doel vir hierdie dae kan in een sin opgesom word: Siende dat ons Christus se liggaam op aarde is, is dit God se doel dat elke lid `n ware uitdrukking sal wees van wie Christus is!

God wil hê dat ons so `n volkome volheid van Christus moet openbaar, dat enige sondaar op die aarde die Here Jesus Christus in ons moet kan sien, asof Hy in die vlees weer op aarde loop. Ons moet ons soveel van Sy volheid toe-eien, Sy heerlikheid, Sy volmaaktheid - dat die wêreld in ons die hoop sien, die antwoord op al hulle behoeftes. As ons nie Christus in ons kan uitleef as die oplossing vir al die lewe se probleme nie, dan het ons geen reg om Hom aan ander te preek nie.

Dit is nie genoeg om Christus te ken nie. Ons moet ten volle uitbeeld wie Hy is! Ons moet oplet na alles wat ons doen en sê in die lig hiervan: "Verteenwoordig dit wie Christus is? Is dit wat ek wil hê dat die sondaar van Christus deur my sien?" Sal Christus in Sy fisiese liggaam in `n pornografiese teater instap? Sal Hy by `n pornografiese toonbank stilstaan? Sal Christus Sy liggaam op enige manier misbruik? Sal Hy deelneem aan ontug, egbreuk en gaan drink? Sal Hy verkul, skinder, vuil stories vertel of lieg en dan poog om die waarheid te preek? Sal Hy probeer om die lig te versprei as daar `n kol van donkerte in Sy eie hart is? Sal Hy ander vertel om nie egbreuk te pleeg en dit dan self in die geheim doen nie?

Ons moet ten alle tye hierdie een oogmerk van God voor ons oë hou - dat ons, Sy liggaam, waaragtig en in suiwerheid reflekteer wie Hy is! Stel u hart daarop in om `n ware toonbeeld te wees van wie Jesus Christus is, en u sal die boosheid van die hel roer. Satan sal u los totdat u waarlik die toonbeeld van die heiligheid van Christus weerspieël. Hy sal nie die wonderwerk werkers of die moraliste probleme gee nie.

Sal u `n weeshuis vir Christus bou? Sal u in die oerwoude van die Amasone ingaan om die evangelie te verkondig? Sal u na `n Amerikaanse slums toe gaan om so menslike behoeftes van ander te vervul? Sal u die siekes genees en duiwels uitdryf? Sal u u vriende en bure tot belydenis roep? Dit is alles baie prysenswaardig, maar dit is nie ons Here se eerste en grootste doel nie. As u nie `n ware beeld van Christus op aarde word nie, dan is dit alles menslike werk wat sal brand op die oordeelsdag! Die Woord sê dat baie op daardie dag voor Hom sal kom en sê,

"Here, Here,' het ons dan nie in U naam gepreek nie, deur U naam duiwels uitgedryf en deur U naam baie wonders gedoen nie?" ( Matteus 7:22).

Maar Christus sal hulle antwoord: "Ek het julle nooit geken nie" (Vers 23).

Wie is die een met visie? Is dit die een wat groot kerke bou, wat die grootste begroting het, of wat die grootste skares toespreek? Nee! Dit is die een wat die teenwoordigheid van Jesus Christus reflekteer. Visie is om Hom te ken. Wat ookal dan gedoen word, is gebore uit die verhouding, en reflekteer die ware hart van God.

Ek sien nie vandag veel van die ware refleksie van Christus op aarde nie. Daar is baie ego's, baie grootpraat en groot kompetisie en gestry vir erkenning. Maar so min van Christus. Ek skakel my TV aan en krimp ineen as ek luister na so baie van die Christelike programme. Die jammerlike vertoë vir geld, die skouspelagtige, duur stelle, die oneindigende los praatjies..En ek vra myself, "Is dit die beste beeld van wie Christus is en wat Hy die wêreld kan offer?"

Dit is nie lank voor dinge gaan begin uitrafel en uitmekaar val nie. Die daaglikse nuus gaan vreesaanjaend wees. Die ekonomie gaan in algehele wanorde wees. En die nasies van die wêreld gaan van vrees bewe. Ons staan in `n tydperk waar ons die mees onheilspellende tyd in die geskiedenis betree, waar alles wat geskud kan word, geskud gaan word.

Wat gaan dan saak maak wanneer alles om ons inmekaar tuimel? Sommige mense van God sal ten midde van hulle projekte staan en huil en skreeu! Massiewe geboue sal in onbruik staan; spinnerakke en vlêrmuise sal oorneem. En die monumente van selfverheffing sal by hulle wat dit gebou het, spook. Hulle wat na sukses en rykdom gejaag het sal leeg en verlate wees, en sal geen innerlike krag hê om die afgyslikheid wat oral toeslaan te aanskou nie. Hulle wat die dinge van God ligtelik opgeneem het, wat nie weggebreek het van hierdie wêreld nie, wat onwillig was om hulle ou weë neer te lê - sal niks hê om hulle deur die onheil te sien nie.

Net een ding sal dan saak maak - Ken ek Christus intiem? Is ek `n ware beeld van Hom tydens hierdie donker uur? Sal ek een van die min wees wat aan `n waansinnige wêreld getuig dat Christus bo dit alles is? Sal ek Christus se lig laat skyn wanneer alles donker word?

Is daar iets in u hart wat reageer op hierdie oproep om God se doel te vervul in hierdie uur? Smag u om `n ware refleksie van Jesus Christus te wees vir u generasie? Daar is twee dinge wat eerste verstaan moet word. Een daarvan is die werke van God; die ander is iets wat ons moet doen.

Ons moet vir eens en vir altyd verstaan wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het - en so die hart van God bevredig het. Christus het vir altyd weggevat dit wat God se heilige oog gegrief het, sodat ons vir altyd `n reg tot toegang na God het. Ons word aanvaar in God se teenwoordigheid. Daar is nie `n enkele saak in God se hart teen ons nie!

U durf nie `n tree verder gaan totdat jy van die doeltreffendheid van Christus se bloed geleer het - dat jy tenvolle vergewe is nie! Dit is nie nodig om God te bevredig nie. Hy is ten volle bevredig! Die kruis het ons kwytgeskeld in God se oë. Ons mag dit vergeet, maar God vergeet dit nooit nie. Die voorhangsel het geskeur om ons toegang te verleen. Dit was God wat gesê het, "Jy word aanvaar! Kom met vrymoedigheid na My troon want jy is nou My Geliefde".

As God tevrede is, waarom sal ek nie wees nie? Dit is die een saak wat vir eens en vir altyd beslis word. Is daar enige iets - enige donker wolk - tussen my en die Vader in die hemel? U sê, "Maar my hart veroordeel my! Ek het dinge gesê en gedoen wat die Gees hartseer maak. Ek voel waardeloos. Die hemel is so onhaalbaar". Vir dit alles kan jy antwoord, "Maar God is groter as my hart!"

Verwerp u u sondes? Haat u hulle? Het u dit bely? Glo u dat deur hierdie man, Jesus dat u, " deur Hom vrygespreek is van alle sondes" (Handelinge 13:38)?

Hier is die rede waarom meeste Christene faal. Hulle lewe met onnodige vrees en gebondenheid en verstaan nie die oorwinning van die kruis nie. Hulle is skoon in God se oë, maar hulle weet dit nie. God is ten volle bevredig deur Christus se offer en die weg wat oopgemaak is na Sy teenwoordigheid. Daar is niks wat toegang verhoed behalwe ons eie vrese en tekort aan kennis nie. Toe die voorhangsel in twee geskeur het, het God na Saul gekom - en na jou en my! Ons gaan in - Hy kom uit!

Hoe ongelooflik! Ons gee God aanstoot, tog is Hy gretig om ons te rein in Sy eie oë te verklaar. Hy stuur Sy eie offer vir ons sondes. Hy Homself het die weg terug na Hom skoon gemaak. Sonde was geoordeel en die oortreding verwyder. Nou kan God sê, "Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie" (Hebreërs 8:12). Hy Homself het die afstand verwyder!

God wil nie die skuld van sonde aan ons gee nie. In plaas daarvan, wil Hy ons met Hom versoen. Hy begeer dat ons in die seën leef met die wete dat die sonde kwessie vir ewig aan die kruis beslis is.

Wat is daar in ons wat die genadebewys van God deur Christus aantrek?

Wat is daar in ons wat sulke wonderbaarlike welwillendheid, sulke genade en vergewing aanlok? Is dit `n tipe skoonheid, goedheid of krag? Is dit `n soort potentiaal in ons?

Nee, dit is ons groot behoefte wat Sy genade aantrek. Dit is ons algehele hulpeloosheid. Dit is ons swakheid wat Sy krag aantrek. Ellende trek genade! Ons grootste aantrekkingskrag vir God is dat ons arm, hulpelose en behoeftige skepsels is. Wat het Jesus aangetrek na die Samaritaanse vrou? Na die blindes, swakkes, die weduwees en die sonder vaders? Wat hulle almal in gemeen gehad het, was hulle hulpeloosheid. Wat is dit in ons wat die krag en genade van God aantrek? Dit is ons hulpeloosheid.

Ons hulpelose toestand word toegelig met die voorbeeld van die verlamde man in Markus, hoofstuk twee:

"Daar kom toe mense wat `n verlamde man na Hom toe bring." (Markus 2:3).

Hier is `n prentjie van `n absolute hulpelose man, `n man sonder enige teken van sterkte en krag. Hy kan homself nie eens na Christus toe bring nie. Kyk weer na daardie bewende, swak, hulpelose skepsel - `n gevangene in sy eie bed. Dit is u, dit is ek voordat ons enige iets geweet het van Christus se krag.

Jesus het voor hierdie hulpelose man, wat deur die dak na Hom toe laat sak is en nie eers sy fisiese toestand genoem het nie, gestaan. Eerstens, het die Here gekies om hom voor God vry te spreek. Hy sal hom eers in die Vader se teenwoordigheid bring - skoon, vrygespreek. Hy sal eers aanvaar word en dan genees word.

"Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: 'Vriend, jou sondes word vergewe!" (Markus 2:5).

Wat `n pragtige prentjie is die liefde van God nie in Christus Jesus nie. Hier is `n hulpelose man, te oorstelp deur sy swakheid om selfs te kreun. Hy kan nie eers `n swak erkenning behartig nie. Hy het niks om aan Christus te offer nie - hy is te swak.

Dit is nie uit werke wat enige mens oor moet grootpraat nie. "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is" (Efesiërs 2:10). Die Fariseër, met al sy grootpraat, het nooit die genade van die Here aangetrek nie. "Hoe meer die pronkery, hoe minder die diepte," sê J B Stoney. Maar kyk hoe die swakheid van mense Christus se simpatie aangetrek het!

Wys my die kind van God wat teen `n haatlike boesemsonde stry, een wat vasgedruk word onder `n swaar las van skuld en wanhoop, een wat hulpeloos en swak voel - en ek sal jou een wys wat die objek van oorvloedige seën wys. "en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword" (Romeine 5:20).

Satan sal teen so `n persoon kom en voorstel dat God kwaad is vir hom, dat die reg om toegang tot God verlore is, dat die woede en oordeel van God by die deur is. Dit is nie so nie! Al wat ons moet doen is om op te kyk na die Lam van God, en in ons uiterse hulpeloosheid, hoor ons die volgende trooswoorde: Seun, dogter, jou sonde is jou vergewe."

Staan in geloof op die voltooide werke van die kruis! Deur geloof in Hom is ons sondes onder Sy bloed. U leef nou aan die ander kant van die voorhangsel. U sit nou by Christus in hemelse plekke, `n aanvaarde geliefde, een met Christus en die Vader! God se toorn teen u sonde is heeltemal gestil. U is `n erfenis gegee: u is nou meer as `n oorwinnaar - u leef en beweeg nou in die Gees. Daar is `n bloedlyn tussen u en Satan; u beskuldiger is neergewerp en in die openbaar beskaam. U is gevul met die volheid van Christus. U het krag in u om alles tegemoet te gaan wat te doen het met die lewe en goddelikheid. U is die appel van Sy oog, in die holte van Sy hand, gereinig van alle ongeregtigheid. Hernu in u denke, versoen, regverdig, heilig en voorberei vir die bruid. Verplaas uit die koningkryk van donkerte na die koningkryk van lig - en `n erfgenaam in alles wat aan Christus die Here behoort!

U is nie langer veroordeel nie - "Daar is nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie" (Romeine 8:1). Christus woon in u - Hy maak Homself bekend aan u! Geen hoogte, diepte, geen vorstedom, geen mag - geen mens, nie engele nie, niks op aarde of in die hemel - kan u ooit van God se liefde in Christus nie verwyder! U word deur Christus, deur manna gevoed. U leef in Sion, in God se teenwoordigheid. Hy is u vriend, u priester, u advokaat, u Here en u gids.

Glo u dat hierdie dinge waar is? Glo u dat God hierdie beloftes aan swak, hulpelose skepsels soos onsself gegee het? Is u vergeef en skoon in God se sig, en weet u dit werklik? Aanvaar u u aanvaarding?

U kan `n ware beeld van Christus word slegs wanneer u u plek by Hom inneem, aan die regterkant van die Vader - aanvaarend dat alle struikelblikke verwyder is - nie deur ons nie maar deur Christus se offer! Dit is wat Hy vir ons gedoen het. U kan Hom liefhê en nog steeds sleg voel- omdat u nie aanvaarding ken nie!

Dit is ons deel!

Die verlamde man was vergewe en was skoon in God se oë, maar hy was nog steeds `n gevangene. Hy was bevry van al sy sondes, maar steeds gebrekking. Hy het Christus geken as `n Bevryder maar nie as die Bron nie!

Dit is nie genoeg om `n vergewe kreupele of `n bevryde gevangene te wees nie. Daar is iets wat ons moet doen. Christus se deel is om ons skoon te maak voor God; ons deel is om op te staan en te loop. Ons moet by die bevryding van sondes verby gaan - na die vryheid van Sy hulpbronne.

".Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: 'Staan op, vat jou draagbaar en loop? Maar ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe..Ek sê vir jou: 'Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe" (Markus 2:9 - 11).

Daardie man het nie in sy eie krag opgestaan nie. Christus het sy krag aan hom verleen. Sonder Christus kan ons niks doen nie. Dit is slegs deur Sy krag wat ons kan oorkom. Ons ken dit as die krag van die Heilige Gees.

Christus het aan hierdie man gesê, "Ek gaan van jou `n voorbeeld maak van My krag oor sonde! Jy gaan die sterkste word waar jy die swakste was. Die ding wat van jou `n gevangene gemaak het, sal jy optel en dra. Jy sal die einste ding wat jou terug gehou het, oorkom."

`n Geestelik gebreklike kan nie `n ware beeld van Jesus Christus wees nie. Ons moet in die volle krag van oorwinning leef, vry van die gebondenheid van sonde. Elke Christen ken sy of haar swakhede. Ons almal weet waar ons die meeste kwesbaar is. Satan sal aan ons voorstel dat ons altyd swak sal bly in daardie punt en dat dit eendag die oorhand sal kry.

Dit is nie so nie! Deur Sy glorieryke krag maak God ons die sterkste by ons swakste punte. Dit is wat die Skrif bedoel wanneer dit praat van Sy krag word volmaak in ons swakhede.

Is daar iets wat u hinder - `n boesem sonde, `n swakheid, `n innerlike kontroversionele gevoel wat nog nie opgelos is nie? Daardie hindernis moet gaan! Die tronk deure moet oop. U kan nie langer aan die bed van mislukking vasgeketting word nie. U moet nie slegs vergewe wees nie, maar moet vrygestel word!

Wat sal die Here doen? Hoe sal Hy ons op en uit die bed uitkry? Hy sal ons al die krag gee wat ons benodig om dit te oorkom en om in totale bevryding te loop! Ons moet ophou om te praat oor die krag asof dit iets misterieus is, `n onverstaanbare ding. Dit moet verstaan word.

Ons is ingeënt as `n tak by Christus die wingerdstok. Presies dieselfde krag wat Hom bemagtig het, bemagtig ons. Dieselfde Gees wat Hom opgewek het, wek ons ook op. Dieselfde plek waar Hy aan die regterhand van God is, is dieselfde plek waar ons deur geloof is, in die gees. Hoe weet ons dat ons sondes vergewe is? Alleenlik deur geloof! Ons moet God se woord daarvoor aanvaar. En wanneer ons dit doen, dan kry ons `n groot vrede.

So dit is Sy krag. Ons moet Sy woord daarvoor aanvaar dat Sy krag, wat veroorsaak dat ons dit wil doen en dit doen vir Sy plesier, nou in ons werk! Dit kan teweeg gebring word slegs deur geloof. Ons moet ons swakhede, met die geloof dat Hy ons sal help soos wat Hy beveel het, in die oë kyk.

Die verloste verlamde man wat opstaan, loop en sy bed dra, is die tipe van gelowige wat in oorwinning oor sy sonde staan!

Wat `n uitdrukking van God se krag het hy. Wat se hoop moes hy nie gebring het aan almal wat hulpeloos en behoeftig was nie. Is dit nie wat God vandag van ons verwag nie? Is Hy nie aan die soek vir hulle wat oorwin het, juis om `n voorbeeld vir die wêreld te stel nie, om aan `n bose generasie te toon hoe Christus `n mens totaal bevry van die domein van sonde nie? Dat sondaars die gelowiges kan sien wat bo die liste en plesier van hierdie wêreld is! Mans wat hulle vroue liefhet en getrou is; vroue wat nie verneuk nie en wat goeie moeders en opsieners van hulle huise is; jongmense wat reinheid toepas en skeiding hou tussen alles wat onteer.

Ons het genoeg "vinnig groeiende kerke in die land". Ons het genoeg besige Christene wat besig is om wins te maak. Ons het genoeg evangeliese radio en televisie stasies. Ons het genoeg kruistogte, konserte en uitreikings. Ons het genoeg vegters teen aborsie en genoeg moraliste. Ons het meer as genoeg planne, projekte, programme, seminare, boeke, plate, bandjies, tydskrifte en nuusbriewe.

Wat ons nie genoeg van het nie is Chriseine wat waarlik die Here Jesus Christus uitbeeld. Daar is `n tekort aan hulle waarna die sondaar en die kerk na kan wys en sê, "Daar gaan `n Christen wat werklik wys wie Jesus Christus is! Daar is een wat niks te koop het nie, niks om te bemark nie, niks om te bewys nie, behalwe Christus, opgestaan en verheerlik! Daar staan `n broer, `n suster, wat skyn met die skoonheid en eenvoud van Jesus Christus, die Here! Daar is een wat het wat ek graag sou wou hê - `n realiteit wat nie ontken kan word nie!"

Dit moet die een en enigste doel in ons lewens wees! Om God se doel te verwesenlik - om `n getuie te wees wat die volheid en volmaaktheid van Christus uitbeeld!

Wanneer ek voor Christus se oordeelstroon staan, sal ek met een maatstaf geoordeel word: "Hoe het ek Christus uitgebeeld aan die wêreld? Wat het my lewe gesê oor wie Christus was? Het ek Christus getoon deur ontering, kompromieë of skandelikheid? Kon die sondaar `n oorwinnende Christus in my sien? Of het ek hulle niks getoon van die volheid, die vreugde, die oorwinning van Christus die Here nie?"

Sal u voor Hom staan en spog oor hoe baie siele u gewen het? Of watter magtige projekte u by betrokke was? Vir hoeveel mense u gepreek het? Hoe u teen aborsie geveg het? God stel meer belang in wat u geword het, wat u is - as oor wat u gedoen het. Was daar ooit `n dag met meer werke, meer groot dinge gedoen - maar so min in `n werklike verbintenis met Christus?

U is krag van Bo belowe. Eien dit toe! U kan daardie ware uitbeelding van Christus wees, as u die volgende glo.

  1. Christus se gestorte bloed was u heeltemal skoon in God se oë.
  2. Alles wat teen u kan opstaan en u kan veroordeel is verwyder.
  3. God het nog nooit Sy satisfaksie in Christus verloor nie - en Hy sal nooit Sy satisfaksie met u in Christus verloor nie.
  4. Deur Sy kruis, het Christus alles verwyder wat tussen u en God gestaan het, en niks kan u weer skei nie.
  5. Sy goddelike krag is selfs meer aan u gegee as aan die verlamde man.
  6. God het u swakheid en hulpeloosheid raakgesien, en Hy sê, "Ek sal dit breek, dit vermorsel, dit oorweldig - en alles doen wat nodig is om dit weg te neem, en jou verhef bo dit wat jou eens kreupel gemaak het."
  7. Sy krag sal toegepas word waar u die swakste is en u sal die sterkste word op daardie punt. U sal dit dra wat u eens gedra het.
  8. Christus se een groot begeerte vir jou is dat Hyself deur jou sal skyn, en jou `n pragtige uitbeelding maak van wat Hy werklik is!
  9. Ons moet in totale afhanklikheid van Christus lewe. Die barmhartige Samaritaan het die gewonde man "op sy eie dier gesit." Dit is die moeilikste ding vir ons om te leer - Jesus moet ons van ons eie bene af kry, en "op Sy eie dier sit". Meeste van ons hou van die uitgiet van die wyn en olie - maar ons sal nie op die dier ry nie! Ons sal eerder in eie krag loop!
  10. Daar is net een keuse - nie twee nie! Ons moet in voortdurende kommunikasie met Christus wees! Dit word dikwels verkeerd kwoteer, "Maria het die beter gedeelte gekies" - asof daar twee keuses was. Nee! dit was, "Maria het die goeie deel gekies" - die res was Marta se idee!
  11. As ons Sy bruid is - en Hy binnekort kom - moet ons belangrikste objektief nie wees om liefde aan Hom te betoon nie? Nie krag nie maar liefde!

Christus moet kan sê, "Daar is `n vriend van My".

"Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk" (Spreuke 31:11).

Kan die Here met veiligheid op jou vertrou - om Sy beeld te wees, om Sy wil te doen?