VERMY ‘N LEWE VAN SPYT

Jim Cymbala

Geestelike moed is die groot nood vir so baie van ons vandag. Ons mag uitstekende lering gehoor het en veelvuldige vertalings van die Bybel gelees het. Maar wat ons moet doen, is om die werk van die Gees binne in ons “op te wek.” Ons moet onsself opnuut aan God gee in gebed, Bybel lees en met ‘n nuwe oorgawe aan die Heilige Gees. Ons moet onself ook afskei van gedagtes, woorde en dade wat die Gees se vloei verhinder. Die Skrif sê, “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader” (Jakobus 4:8).

As ons nederig tot Hom nader vir ‘n nuwe intimiteit met God, sal Hy ons afwys? As Hy vir ons Jesus gegee het toe ons nog sondaars was, sal Hy nou as ons hemelse Vader ons smeking vir meer van die Gees se vrymoedigheid en dapperheid verwerp? Dit sou alles verloën wat ons van Hom weet uit die Skrif!

Hoeveel gelowiges kom aan die einde van hulle lewens en voel asof hulle op een of ander manier die volheid van God se plan vir hulle lewens misgeloop het? Hulle dink dat God miskien iets beplan het, maar dit het hulle ontwyk. Dit is ‘n hartseer gedagte. Maar as ons die Gees toelaat om deur ons te werk, sal ons sy planne en doel volbring sien. Ons sal nie aan die einde van ons lewens kom en spyt wees oor so baie misgeloopte geleenthede om meer vir Christus te gedoen het nie.

Ons toekoms sal bepaal word deur hoe ons God die Heilige Gees toelaat om in en deur ons te werk. Ons kan ons dae deurbring in vreesagtige huiwering en twyfel, of ons kan “laat gaan en laat God.” God se plan vir ons gaan nie oor wie ons is en watter talente ons na die tafel bring nie. Dit gaan oor die hulpbronne en genade wat God aan ons belowe het.

So sê ons met vrymoedigheid, “Die Here is vir ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?” (Hebreërs 13:6, beklemtoning bygevoeg).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.