BID VIR ‘N GEESTELIKE ONTWAKING

Carter Conlon

God se Woord gee vir ons baie voorbeelde van die ongelooflike dinge wat gebeur wanneer God se kinders bid. Byvoorbeeld, in die boek van Tweede Konings, het die koning van Aram die stad omsingel waar God se kinders was. Daar was só ‘n groot leër dat Elísa se dienskneg oor die muur van die stad gekyk en gevra het, “Wat gaan ons doen? Hulle is meer en magtiger as ons!” (sien 2 Konings 6:15).

“En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë dat hy kan sien” (2 Kings 6:17). Met ander woorde, “O, God, sal U weer visie aan U kinders teruggee sodat hulle weer kan verstaan dat dit nie deur krag of geweld is nie maar deur U Gees?”

“En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa. En toe hulle na hom afkom, het Elísa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid” (2 Konings 6:17-18). Met ander woorde, “Verwar die vyand! Neem weg hulle visie, hulle eenheid, hulle krag. Moenie dat hulle hul doel bereik nie.”

Ons kan ook dit in ons geslag bid. “Here, moenie dat die vyande van geregtigheid nog nader kom nie. Laat hulle van hulle planne vergeet!”

“En Hy het hulle op die woord van Elísa met [geestelike] blindheid geslaan. Daarop sê Elísa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samaría gelei. En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría” (2 Kings 6:18-20).

Nie net was God se kinders geaffekteer deur gebed nie, maar die vyand was gebring tot ‘n bewustheid van God se krag – ‘n gewetensoomblik. Dit is waarvoor ons moet bid vir ons geslag – ‘n geestelike ontwaking – ‘n skielike bewustheid van sonde wat kan kom in die hart van enige samelewing, enige plek, enige mens.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.