BEWYS VAN GOD SE GROOTHEID

Jim Cymbala

Die volgende keer wat jy ‘n onoorkomelike probleem het, sal ek jou aanbeveel om na die hemele te kyk op ‘n helder nag. Die bewys van God se grootheid is reg bokant jou kop. Wetenskaplikes sê daar is ongeveer 7,000 sterre sigbaar vir die blote oog, hoewel slegs ongeveer 2,000 hiervan op een tyd en plek gesien kan word. So selfs op die helderste nag kan jy minder as ‘n derde van die sterre sien wat sigbaar is vir mense rondom die wêreld.

Maar dit is nie die einde daarvan nie. Onlangse studies dui daarop dat daar veel meer sterre is as wat die oog kan sien, miskien 200 biljoen in ons eie sterrestelsel, en die Melkweg is slegs een van miljoene sterrestelsels! Hoewel niemand presies weet hoeveel sterre daar is nie, plaas een raming die aantal op drieduisend miljoen biljoen sterre – ‘n drie met sestien nulle daar agter!

Soos God ons verseker, is die “die hemele is die werk van [sy] hande” (Psalm 102:25). Hy het bloot “bevel gegee — en hulle is geskape” (Psalm 148:5). Net een woord van Hom, en drie duisend miljoen biljoen sterre het ontstaan. Wat meer is, die Skrif sê vir ons God “bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name” (Psalm 147:4). God het beloof om Abraham die vader van baie kinders te maak selfs al was hy ‘n ou man getroud met Sara, wat self oud en onvrugbaar was. Die Here het gesê Abraham se nageslag sou soveel in getal wees dat hulle nie getel kon word nie: “En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word” (Génesis 13:16).

Dink daaraan! Watter “groot” probleem wat jy tans beleef, is te moeilik vir Hom? Watter moontlike behoefte is bo sy vermoë om te voorsien? Kyk op in die nag na die hemel en laat elke ster jou inspireer om te doen wat Abraham gedoen het – hy het God geglo en seëninge ontvang wat hy homself nie kon voorstel nie.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.