GEDULD OM DIE BELOFTE TE ONTVANG

David Wilkerson (1931-2011)

Die bekende gelykenis van die saaier handel oor geduld. Nie geduld teenoor mense nie maar geduld teenoor God. Jy onthou Jesus praat oor die saad, reg? Sommige het op die pad geval; sommige het op die rots geval; sommige het tussen die dorings geval . . . en ander het op goeie grond geval. Kom ons kyk na Jesus se verduideliking:

“Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul hart weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. En wat in die dorings geval het – dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstrik deur die sorge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. En wat in die goeie grond val – dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra” (Lukas 8:11-15).

Die “goeie grond” wat Jesus noem, dui op diegene wat die Woord hoor en uiteindelik vrug “met volharding” voortbring. Die ander hoorders het ook ‘n mate van vrug gedra, maar slegs vir ‘n rukkie. Waarom? Omdat hulle ongeduldig met die Here en sy werking in hulle lewens was.

Die hart van die “goeie grond” hoorder, het ‘n defnitiewe rigting! In alle omstandighede, rig hy homself eerste tot die liefde van God, en dan om geduldig te wag vir Jesus Christus. Hierdie twee eienskappe is nodig vir ‘n hart wat blywende vrug dra. Ons lees in Hebreërs dat: “Want julle het lydsaamheid nodig om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry” (Hebreërs 10:36).

Neem God se Woord en maak dit vas in jou hart; laat dit ‘n eerlike, rein, goeie hart in jou vorm en wag dan geduldig vir Hom om tot jou redding te kom.