HELDER BESLUITE

David Wilkerson (1931-2011)

“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galasiërs 5:25). Baie van ons hoor hierdie uitdrukking, “wandel deur die Gees,”ons hele lewe lank, maar wat beteken dit? Ek glo dit beteken ontsaglike, duidelike leiding en helder besluite. Die Heilige Gees verleen absolute, duidelik gedetailleerde instruksies vir hulle wat deur Hom wandel.

Die vroeë Christene het nie in verwarring gelewe nie. Hulle was deur die Gees gelei in elke besluit, elke beweging, elke aksie! Die Gees het met hulle gepraat en het hulle gelei die hele dag lank en geen besluit was gemaak sonder om Hom te raadpleeg nie. Die kerk se leuse dwarsdeur die Nuwe Testament was: “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!” (Matthéüs 11:15).

Om deur die Gees te wandel, beteken om sonder bekommernisse te wees, maak nie saak wat met jou gebeur nie. Paulus is ‘n goeie voorbeeld vir ons om te volg. Daar is baie voorbeelde in die Woord insake Paulus se wandel in die Gees, maar laat ons kyk na ‘n paar gevalle.

Die Gees het Paulus gewaarsku dat sy reis na Jerusalem daartoe sou lei dat hy gevange geneem sou word en wat het gebeur? “Daar... het ‘n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom. En toe . . . neem by die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voet en sê: Dit spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer” (Handelinge 21:10-11). Paulus was gewaarsku sodat hy homself kon voorberei.

As ons deur die Gees wandel, moet ons God glo vir bonatuurlike verlossing van elke binding van Satan. Paulus en Silas was in die tronk, maar die Woord sê vir ons “omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Handelinge 16:25). God het ‘n aardbewing geskep en die deure van die trond oopgemaak “en die boeie van almal het losgeraak” (vers 26).

Ten spyte van jou omstandighede, staan op deur die Gees, begin God prys, sing en vertrou – en kyk hoe Hy jou verlos!