GOD SE GEESTELIKE SEËNINGE

David Wilkerson (1931-2011)

Talle Christene het die verkeerde idee dat God ‘n behae daarin het om ons te tugtig en tereg te wys. Nee! Die Bybel sê vir ons Hy het geen behae daarin om ons te tugtig nie. In teendeel, Jesus sê, “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daaraan gehad om julle die koninkryk te gee” (Lukas 12:32). Hy verseker ons, “Ek gee vir jou alles wat jy nodig het, omdat My hart daarop ingestel is om te seën!”

Nêrens in die Bybel vind ons dat Jesus iemand vervloek nie. (Die enigste ding wat Hy vervloek het, was ‘n vyeboom.) Geen prediker, apostel, profeet of herder in die geskiedenis het ooit mense meer geseën as Jesus nie.

Beskou die Bergpredikasie in Matthéüs 5. Jesus het gesê, “Geseënd is die armes van gees.... Geseënd is die wat treur... Geseënd is die nederiges... Geseënd is jy as jy honger en dors na geregtigheid... Geseënd is die wat genade bewys, die vredemakers, die vervolgdes” (sien Matthéüs 5:3-10). Oral waar Jesus gegaan het, het Hy geseën.

Hy het kinders in sy arms opgetel en hulle geseën (sien Markus 10:14). Hy het diegene geseën wat maaltye vir die armes en kreupeles gegee het. “Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie” (Lukas 14:13-14).

Dit raak my hart diep aan dat Jesus se laaste woorde voor Hy sy dissipels verlaat het, woorde van seën was. Lukas sê “Toe open Hy [Christus] hulle verstand sodat hulle die Skrifte kon verstaan” (Lukas 24:45). En toe: “En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën” (Lukas 24:50).

Op hierdie stadium kan jy dalk dink, “Ek kan verstaan dat die Here kinders sou wou seën, of nuwe bekeerlinge, of selfs arm Christene in arm lande wat wonderwerke nodig het net om kos te hê. Maar ek kan nie daardie soort seëninge vir myself verstaan nie. Ek voel so onwaardig.”

Geliefde, jy sal nooit God se seëninge waardig wees nie! Niemand is nie – maar Hy kom streng in sy barmhartigheid en genade om ons te seën met geestelike seëninge ver bokant ons begrip.