SKAPE SONDER ‘N HERDER

Nicky Cruz

‘n Aantal mense het eenkeer ‘n blinde man na Jesus gebring om hom te genees. Jesus het die man aan die hand geneem en hom gelei na ‘n afgesonderde plek buite die dorpie waar Hy in die man se oë gespoeg het. In enige kultuur sou dit beskou word as ‘n belediging. Maar Jesus het dit in elk geval gedoen.

Jesus het toe vir die man gevra of hy enigiets kon sien, en die man het geantwoord, “Ek sien mense; hulle lyk soos bome wat rondloop.”

Ek is seker die man was oorstelp van blydskap om net ‘n klein bietjie sig te hê, maar Jesus wou hê hy moes duidelik sien, om te besef wat hy misgeloop het, om die volle heerlikheid van sy Vader se skepping te sien. Daarom het Hy weer sy hande oor die man se oë gesit, en skielik kon die man duidelik sien. Sy sig was heeltemal herstel (Markus 8:22-23).

Op soveel maniere sien ek dat God dieselfde ding in my lewe doen. Toe ek aanvanklik my hart vir Hom gegee het, was ek gevul met ‘n heerlike gevoel, maar my sig was vaag en verwarrend en nuut. Deur die jare, het Hy voortgegaan om my te dissipel, om my hart en gees te vorm, totdat ek duideliker kon sien. Ek het begin om mense duidelik te sien, as individue voor my, nie bloot as massa’s wat rondbeweeg nie. Ek het hulle begin sien op die manier wat Hy hulle sien – hartseer en verlore, soos skape sonder ‘n herder.

Dit is wat Jesus se aanraking op ons lewens vir ons sal doen, maar slegs as ons gewillig is om Hom toe te laat. So baie volgeling van Christus het nog nooit op daardie punt gekom nie. Ons laat God toe om ons aan te raak, om ons vry te maak van die blindheid, die totale duisternis van sonde, maar op een of ander manier bly ons tevrede met ‘n onvolwasse sig.

Soos ons Jesus toelaat om ons dieper aan te raak en ons oë en harte helder te laat fokus, sal Hy ons verder bring tot in die visie wat Hy vir ons gedagte het. Die gevolg is, dat ons mense sal sien op die manier wat Hy hulle sien.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.