‘N VERFLOUENDE LIEFDE VIR GOD

Gary Wilkerson

In sy skrywe aan die Korinthiese kerk, deel die apostel Paulus sy persepsie mee dat hulle ywer vir God afneem. ‘n Deel van hul ambisie verander, beweeg weg van die middelpunt af, en hulle fokus is nie meer duidelik nie, en daarom stuur hy ‘n brief met ‘n ernstige teregwysing.

“Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword! ... Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer. Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe. Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders” (1 Korinthiërs 4:8, 10-14).

Kenners vertel vir ons dat die Korinthiese gemeente heel moontlik die rykste van al die Nuwe Testamentiese kerke was. Hulle ligging het geleentheid gebied vir groot rykdom deur die skeepsvaartbedryf. Paulus het aan hulle uitgewys dat dit gelyk het asof hulle te veel soos die gemeenskap rondom hulle was; terwyl al hierdie groot dinge dit goed met hulle laat gaan het, het daar iets ontbreek. Selfs met al hulle uiterlike sukses, was iets innerliks verkeerd.

Wat het in hierdie kerk aangegaan? Paulus het hulle nie vermaan omdat hulle voorspoedig was, of geïmpliseer dat om arm te wees op ‘n manier beter was nie. Nee! Hy het uitgewys dat hulle fokus verkeerd was. Hulle het probeer om hulle hartsbegeertes te vul met die dinge van die wêreld, in plaas daarvan om God eerste na te jaag. Met ander woorde, hulle het liefde gesoek op al die verkeerde plekke. En daarom het hulle lewens ‘n gebrek aan impak gehad in sy koningkryk. Net so vandag, moet ons versigtig wees dat ons aandag nie afgelei word deur strewes wat ons wegneem van ‘n duidelike visie van Jesus nie!