JOU VERLANGE VERVUL

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige van die mees geseënde mense in God se huis is blind vir hulle seëninge. Wat ‘n jammerte. Hulle onderskei nie die groot dinge wat die Vader vir hulle gegee het nie – en daarom geniet hulle dit nie ten volle nie. Deel van die rede is moontlik die afbrekende gewoonte van om te vergelyk.

Jy kyk dalk rond in die Liggaam van Christus en sien ander Christene wat lyk of hulle meer talente het en meer geseën is. Sommige memoriseer hele gedeeltes van die Bybel en ander kan preek of sing. Die duiwel wil hê jy moet jouself met ander vergelyk, sodat jy sal sê, “Arme ek. Ek het nie die breinkrag om God se Woord te memoriseer nie en ek kan sekerlik nie ‘n preek uitdink nie. Ek het bloot net nie een van die gawes wat my broers en susters het nie.”

Geliefde, Jesus sê, “Jy is geseënd!” Hy het nie gesê, “Geseënd is die sterkes, die gelukkiges, die selfversekerdes, die kragdadiges, dié met baie talente” nie. Maar in daardie pragtige gedeelte van die Skrif, waarna algemeen verwys word as “Die Saligsprekinge,” noem hy die armes van gees; die wat treur; die sagmoediges; hulle wat honger en dors na geregtigheid; die barmhartiges; die rein wat rein is van hart; die vredemakers; en diegene wat vervolg word ter wille van geregtigheid (sien Matthéüs 5:3-10). Hy het in wese gesê, “Jy is geseënd omdat my krag in jou swakheid lê. Omdat jy op My vertrou, kan Ek jou gebruik.”

God weet alles van die menslike natuur af. Kom ons kyk vir ‘n oomblik na Abraham. God het geweet dat Abraham groot blydskap sou hê toe hy die belofte van sy seun gekry het. Abraham kon sê, “Hy het dit gedoen! God het vir my ‘n seun belowe en Hy het Sy Woord gestand gedoen.” God het egter ook geweet dat Abraham nie heeltemal vervul sou voel as die kind gekom het nie. Hy sou steeds ‘n rustelose, innerlike honger, ‘n onverklaarbare behoefte hê wat geen mens kon vervul nie.

Is dit nie wat met ons gebeur as ons uiteindelik die ding kry wat ons so graag wil hê nie? Ons is bo alles geseënd as ons verstaan dat slegs die Here self ons diepste behoeftes kan vervul.