JESUS, ONS ROLMODEL IN GEBED

Gary Wilkerson

“En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En ’n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie” (Luke 22:39-46).

Ons almal weet dat Jesus sy lewe aan gebed gewy het. Net so, kan ons verseker wees dat dit sy begeerte is om elkeen van ons sover te kry om hierdie selfde passie vir gebed te hê.

Die gebeurtenis opgeteken in Lukas 22 het net voor die laaste dag van Jesus se lewe plaasgevind. Hy kon ‘n duisend sake aangespreek het, in belangrike plekke gepreek het, of met die toekomstige leiers van die kerk vergader het, maar Hy het nie. In plaas daarvan, het Jesus sy tyd, passie en energie gewy aan gebed.

Ons is geneig om te dink dat  gebed ‘n aanhangsel is van ons baie eise en agenda’s – maar vir Jesus was gebed sy agenda. Niks het sy hart getrek soos gemeenskap met die Vader nie en Hy wou hê sy dissipels moet sy voorbeeld volg.

Jesus het geweet sy tyd was kort en Hy wou nog een laaste keer gebed demonstreer vir ‘n paar van sy dissipels. Hy wou vir hulle wys hoe om ernstig te bid, nie net gewoonweg nie. Hy wou hê hulle moes weet hoe om regtig die koninkryk van God te soek, hoe om te voorbidding te doen, en hoe om ernstig met Hom te wandel.

As jy ‘n dissipel van Jesus Christus is, sal jy Hom jou rolmodel in gebed wil maak.