Ontdek Wat Te Sterk Is Vir Jou

Soek die Ommekeer Wat Slegs Jesus Kan Gee

Was jy al ooit oorweldig? Is daar dae wanneer jy dinge beleef wat skynbaar te moeilik is om te hanteer? Die Bybel is nie stil oor hierdie onderwerp nie. God se Woord verskaf vir ons wonderlike bemoediging as ons die skynbare onoorkomelike oormag wat teen ons opgestel is, wil oorwin.

Dawid se lewe is ‘n pragtige voorbeeld. Die meeste van ons sien Dawid as ‘n heldhaftige figuur. Sy geloof het hom gehelp om ‘n sterk reus te verslaan, vyandige leërs te oorwin en wilde diere met sy kaal hande dood te maak. Dawid het die vertroue en lojaliteit gehad van die soldate wat hy in die stryd ingelei het, en hy het die liefde gewen van die mense oor wie hy geheers het in die koninkryk van Juda. Niks was skynbaar buite sy gesalfde bevel nie.

‘n Relatiewe klein situasie, was egter blykbaar buite Dawid se beheer. Hy het bely, “Alhoewel ek die gesalfde koning is, is ek swak, want hierdie twee seuns van Seruja is te sterk vir my” (2 Samuel 3:39, NLV). Jy mag dalk nie eens hierdie twee manne – Joab en Abisai – se name herken nie. Maar ‘n triomferende koning het erken hulle was te sterk vir hom.

Die fokus van hierdie episode van Dawid se lewe is op die eerste man wat hy noem, Joab. Hy was ‘n generaal in Dawid se leër en ‘n betroubare vertroueling. Joab was veral belangrik vir Dawid omdat die ander stamme van Israel getrou gebly het aan Saul se familie, selfs ná Saul se dood. Toe het ‘n dag aangebreek waarop een van Saul se generaals, Abner, verraai gevoel het en weggebreek het om Dawid te help. “Toe sê Abner vir Dawid: “Laat my toe om die hele Israel na u kant toe oor te haal om ’n ooreenkoms met u te sluit sodat u kan heers oor alles wat u hart begeer.” Daarna het Dawid vir Abner ongehinderd laat gaan” (3:21).

Terwyl dit gebeur het, was Dawid se top generaal weg op ‘n klopjag. Toe hy terugkeer en hoor wat gebeur het, was Joab woedend. Toe “haas hy hom na die koning toe. ‘Wat het u nou gedoen?’ vra hy. ‘Wat het u besiel om Abner te laat wegkom? U weet tog dat Abner seun van Ner, net gekom het om u te mislei en op u doen en late te spioeneer!’” (3:24-25).

Stop vir een oomblik en beskou Joab se benadering tot Dawid hier. Sy woorde was beledigend en aanmanend: “Wat het jy gedink? Hoe kon jy hierdie tipe fout maak? Dit is malligheid!” Eintlik, het Joab het ‘n verborge motief gehad. Hy wou wraak hê want Abner het sy broer doodgemaak. Joab het sy motief verberg deur Dawid te blameer, en daarna het hy op sy eie opgetree deur wraak te neem.

“Joab is weg van Dawid af en het boodskappers agter Abner aangestuur. Hulle het hom by die put van Sira ingehaal en hom saam met hulle teruggebring. Maar Dawid het niks hiervan geweet nie. Toe Abner terug is by Hebron, neem Joab hom eenkant na die poort toe asof hy vertroulik met hom wou praat. Toe pluk hy sy dolk uit en steek hom in die maag sodat hy sterf. Dit het hy gedoen uit weerwraak omdat Abner sy broer Asael doodgemaak het” (3:26-27).

Toe Dawid dit hoor, het hy getreur. “Toe sê koning Dawid vir die volk: ‘Besef julle dat ’n leier, ’n groot man in Israel, vandag geval het?’” (3:38). Maar Dawid was oorweldig met meer as smart. Hy het oorweldig voorgekom oor wat Joab gedoen het. Dit is waarom hy gesê het, “Alhoewel ek die gesalfde koning is, is ek swak, want hierdie twee seuns van Seruja is te sterk vir my. Mag die Here met die bose man afreken vir sy bose daad” (3:39).

Wat van Joab het Dawid in homself laat twyfel?

Ten spyte van Dawid se seëvierende lewe, het een afvallige man onder sy bevel voorgekom asof hy te sterk was vir hom. Wat het aangegaan? Watter saad van twyfel was in Dawid se verstand ingeplant om hom te laat dink, “Ek kan dit nie oorwin nie”? Dawid kon Joab laat arresteer, hom veroordeel en hom straf vir sy verskriklike daad, maar hy het nie. Waarom?

Miskien is dit omdat hy Joab waardeer het. Hoe staan jy iemand teë wat uiters lojaal is aan jou? Daardie soort blinde kol kan bestaan in almal van ons se lewens. Selfs wanneer ons oorweldigend seëvierend is soos Dawid, het ons soms ‘n swakheid wat ons geriefshalwe ignoreer totdat God sy vinger daarop plaas.

Byvoorbeeld, jy mag ‘n wonderlike pa wees, suksesvol in besigheid, goedhartig en liefdevol teenoor jou vrou, maar soms vlam jou woede onverwags op. Daar is skynbaar geen rede daarvoor nie; dit bekruip jou op ‘n onverwagse oomblik. Skielik steier jy en wonder, “Wat het ek pas vir my vrou geskree? Waar het dit vandaan gekom?”

Dit stem nie ooreen met die res van jou lewe nie. Jy het ‘n lang geskiedenis met God, jou wandel met Hom het aan jou vertroue gegee. Nietemin, soos Dawid, spring iets onverklaarbaars op wat te sterk is vir jou.

Miskien is dit ‘n ongewenste geneigdheid om jouself te isoleer. Jy is van nature ‘n introvert, maar jy weet God se plan vir jou is om deel te hê aan gereëlde gemeenskap. Party dae, wil jy egter net by die huis bly en wegbly van kerk, jou selgroep, jou Bybelstudie – nie omdat jy ‘n ruskans nodig het nie, maar weens ‘n vrees wat soms na die oppervlak kom. Miskien voel jy nutteloos en vrees ander sal jou gebreke raaksien. Jy onttrek, selfs al weet jy dat dit die beste ding is om tussen diegene te wees wat jou liefhet en ondersteun.

Of miskien is dit ‘n versoeking van alkohol of pornografie of een of ander ou gewoonte wat weer ‘n verslawing kan word. Selfs al was jy nugter of skoon vir jare, kom die attraksie skielik met alle mag terug.

In daardie tye, kan selfs die sterkste Christene in ‘n stertspin gaan. Soms is dit juis omdat hulle ‘n seëvierende lewe leef. Hulle dink, “Ek het 1,000 keer probeer om hiervan vry te kom, en tog, hier kom dit weer. Jesus, U het vir my oorwinning op hierdie gebied gegee. Waarom bly hierdie één ding oor om my te verpes?”

Het jy al ooit jouself probeer indink hoe jou lewe sou lyk, vry van daardie een laaste ding?

As ek hierdie vraag vra, verwys ek nie na absolute oorwinning of geestelike volmaaktheid nie. Die kerk is vol onvolmaakte mense, en niemand in Christus se liggaam is ‘n uitsondering nie. Ons kan in der waarheid onvolmaak wees en steeds mekaar liefhê, mekaar aanvaar en ons lewens neerlê vir mekaar.

Een rede waarom God vir ons hierdie swakhede wil uitwys, is omdat dít is waar Satan ons uitbuit. As hy kan aanhou hamer op dieselfde swakpunt binne-in ons, weet hy ons sal dalk uiteindelik toegee aan nederlaag verstandelik, vehoudingsgewys of geestelik. Een manier waarop hy dit doen, is deur ons te laat twyfel in God se krag: “As die Heilge Gees jou werlik in staat stel om sonde te oorwin, waarom sukkel jy steeds?”

Hoe het Dawid gereageer? Hy het sy probleem met Joab vermy. In plaas van regverdige aksie te neem, het hy dit aan God oorgelaat om op te los: “Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!” (3:39). Maar God sal nie toelaat dat ons ‘n probleem ignoreer nie, want sy heiligmaking vereis dat ons saam met Hom deelneem in sy heilige werk om dit reg te maak.

Dawid het nie die gesag, wat God hom gegee het, uitgeoefen nie. Deel van God se koninkrykswerk is vir ons om te wandel, te beweeg en op te tree met die gesag wat Hy aan ons gee, en ons ignoreer daardie gesag op eie risiko. Jy sien, Satan wil alles hê: Die Bybel sê hy kom om dood te maak, te steel en te verslind, wat beteken hy is altyd op die uitkyk na ‘n opening. Wanneer hy dit kry, kan jy verseker weet hy sal toeslaan. So, as óns nie ons swakhede konfronteer nie, sal dít ons op die ou end kontronteer soos Dawid s’n het.

Om hierdie probleem areas te identifiseer, is slegs die eerste stap; die volgende is om te ontdek hoe om dit om te keer.

Vra jouself af wat is in die gedrang as jy God nie in geloof soek om jou probleem om te keer nie. Kan jou huwelik verkrummel? Kan jy in depressie verval as jy afgesonder bly? Kan jy terugval in verslawing as jy nie uitreik na liefdevolle hulp van ander nie?

Op een stadium in Israel se geskiedenis, het God Jeremia beveel, “Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here, sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ’n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?” (Jeremia 8:4). God het in wese gesê, “Mense, word wakker! Ek waarsku julle hieroor. As julle nie optree nie, sal dinge in duie stort!”

Die eerste stap is om te weet God het ‘n plan vir jou. Sy plan vir jou lewe sluit in om jou deur hierdie huidige kwessie wat Hy uitwys te kry. Dit is die verantwoordelikheid van enige aardse ouer; hoeveel te meer jou hemelse Vader? Ek is ‘n pa van vier kinders, en van hulle vroegste dae af, het ek ‘n visie vir hulle gehad. Ek het ‘n gebedslys vir elkeen van hulle, van hulle toekomstige huweliksmaat af tot die unieke maniere waarop ek hulle Jesus sien volg. God het daardie soort visie vir jou en niemand anders nie.

Die tweede stap, nadat jy weet God het ‘n plan vir jou, is om jouself in lyn te kry met sy plan. Hy het nie jou probleem uitgewys om jou te oordeel nie, maar sodat Hy dit kan regmaak. Jy mag dalk angstig wees omdat dit buite jou beheer is, maar Hy sê vir jou, “Moenie bekommerd wees nie, Ek is in beheer hiervan.”

Ja, jy gaan faal; jy sal foute maak en te kort skiet. Maar God kan alles omkeer deur die hele trajek van jou lewe te verander. Paulus beskryf hierdie proses wanneer hy skryf, “Daar was ’n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het” (1 Korinthiërs 6:11).

Derdens, implementeer God se plan. Dit is maklik om te sê, “Here, ek weet U het ‘n plan vir my, en ek wil myself in lyn kry daarmee.” Maar ons moet ook aktief in daardie plan wandel en dit uitvoer in ons lewens. Ek dring by jou aan, wees die een wat sê, “Here, ek jubel omdat U my lewe verander. U keer om wat ek nie kan nie. Ek wil dit uitlewe in die volheid van u Gees. Wys my hoe.” Dit behaag Hom omdat niks te sterk is vir sy liefdevolle genade en barmhartigheid nie. Amen!