WERP JOU BEKOMMERNISSE OP GOD

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad” (Matthew 6:33-34).

Volhardende geloof is die toevertrou van alle dinge aan God se hande. Volhardende geloof sê vir die Here, “Ek werp elke gebeurtenis, elke bekommernis, in u hande. En ek hou U aan u belofte vas om alles wat U is daaraan te verbind – al u alwetendheid en almagtige krag – om my te bewaar.”

Wanneer jy verdrukking en vervolging beleef, hou Satan daarvan om vrese en leuens te fluister: “Hoe gaan jy dit deur hierdie krisis maak? Wat sal jy nou doen? As God getrou is, hoe kon Hy toelaat dat dit met jou gebeur? Hoe kon Hy jou geliefdes op hierdie manier in gevaar stel? Wat sal van jou, jou gesin, jou werk, jou bediening word?”

Volhardende geloof staan op en antwoord die vyand se leuens: “Duiwel, jy vra die verkeerde vrae. Die vraag vir my op hierdie oomblik is nie hoe ek dit gaan maak nie; dit is nie wat van my en myne sal word nie. Wat my betref, het ek reeds alles in my liefdevolle Vader se hande geplaas. Ek het alle toekomstige gebeure aan Hom toevetrou omdat Hy Homself keer op keer getrou bewys het. Hy kan vertrou word!”

Die vraag vir gelowiges is, “Hoe kan ek my Here beter liefhê en dien? Hoe sal ek ander dien soos myself?” Jy sien, volhardende geloof verklaar, “Ek het geen wil van my eie nie; eerder, laat sy wil geskied. Geen persoonlike agenda vir my meer nie! Geen meer God speel deur my eie probleme of die van ander te probeer oplos nie.”

Met sulke geloof, sal jy gereed wees vir wat ook al die huidige uur bring en jou hart sal gevestig wees op jou hemelse Vader. Mag die heilige Gees jou gedagtes hou op die Here en sy beloftes!