Niks Kan God se Kerk Vernietig nie

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus het Timótheüs gewaarsku dat daar ‘n tyd sal aanbreek wanneer sommige van God se volk “die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Timótheüs 4:3-4).

Volgens die geskiedenis, het dit gebeur net soos Paulus voorspel het. Nadat die apostels gesterf het – en die geslag wat onder hulle leerstelling gesit het, oorlede is – het ‘n sameswering van goddelose dwaling die kerk binnegedring. Gelowiges is verlei deur vreemde leerstellings, en wetenskap en filosofie het die waarheid van Christus se evangelie weggekalwe.

Dink aan wat Paulus oor die reinheid van Christus se kerk gesê het: “Christus ... die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks” (Efésiërs 5: 25-27).

God se groot bekommernis gaan nie oor die afvallige kerk nie. Selfs afvallighede sal nie die kerk van Jesus Christus kan doodmaak of vernietig nie. Ten spyte van hierdie probleme, het God alles onder beheer, en sy mistieke, onsigbare, seëvierende kerk is nie besig om te sterf nie. Liewer, die rivier van die Heilige Gees stroom in die “dooie see” van afvallige kerke in en dit openbaar ongeregtigheid en louheid. En dit laat nuwe lewe ontstaan.

Diegene wat uit dooie, lewelose kerke kom, is miskien net ‘n oorblyfsel. Nietemin het Jesus gesê: “Die lande is ryp vir oes. En daar is nog tyd vir arbeiders om uit te gaan.” Nêrens in die Bybel staan ​​daar dat die Heilige Gees van die toneel gevlug het en ‘n verdorde oes agtergelaat het nie. God se Gees is nog steeds besig om die verlorenes te oortuig, aan te raak en na Christus toe te trek, ook diegene wat afvallig is.

Die wolk van hemelse getuies sou vir ons sê om nie oordeel na te jaag nie, en dat ons onsself nie daarop moet toespits om net “die fort te hou nie.” Dit is nog steeds die dag van die Heilige Gees, wat wag om elke gewillige werktuig te vul.

God is steeds lief vir sy kerk, letsels en al!

Tags