‘n Plek vir Jou Vrees

David Wilkerson (1931-2011)

Die profete waarsku ons dat wanneer ons sien dat God die nasies laat bewe en verskriklike tye ons oorval, sal ons natuurlike mens geweldig vrees. Eségiël vra: “Sal jou hart stand hou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel?” (Eségiël 22:14).

Toe God Noag gewaarsku het oor sy naderende oordele en hom beveel het om ‘n ark te bou, het Noag “eerbiedige vrees” gehad (Hebreërs 11:7). Selfs manhaftige, dapper Dawid het gesê: “My vlees sidder van skrik vir U” (Psalm 119:120). En toe die profeet Hábakuk rampspoedige dae wat voorgelê gesien het, het hy uitgeroep: “Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan” (Hábakuk 3:16).

Die vrees wat hierdie godvresende manne oorval het, was nie ‘n vleeslike vrees nie, maar ‘n eerbiedige ontsag vir die Here. Hierdie heiliges was nie bang vir die vyand van hulle siele nie, maar hulle het God se regverdige oordele gevrees. En dit is omdat hulle die ontsaglike krag agter die naderende rampe verstaan​​het. Hulle het nie die uitslag van die storm gevrees nie, maar eerder God se heiligheid!

Net so sal elkeen van ons in die komende tye van vernietiging en rampspoed oorweldigende vrees ervaar. Maar ons vrees moet kom vanuit ‘n heilige eerbied vir die Here, en nooit uit 'n vleeslike angs oor ons lot nie. God verag alle sondige vrees in ons, die vrees om materiële dinge te verloor, rykdom, ons lewensstandaard.

Oral in die wêreld is mense vol van hierdie soort vrees, omdat hulle besef dat die ekonomie van hul lande versleg. Hulle is bang dat ‘n ekonomiese ramp alles waarvoor hulle gedurende hul leeftyd gewerk het, sal vernietig. Dit is die uitroep van ongelowiges wat geen hoop het nie. Dit behoort nie die uitroep van die godvresendes te wees nie. Trouens, as jy ‘n kind van God is, sal jou hemelse Vader nie sulke ongeloof in jou verdra nie.

Laat God jou vrees en ontsag wees. Hierdie soort vrees lei nie tot die dood nie, maar tot die lewe!

Tags