Die Openbaring van Christus se Krag

Gary Wilkerson

Een van die kragtigste en tog ook mees misbruikte beloftes van die Bybel is “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filippense 4:13, AFR53).

Dit is nie bedoel vir die sokkerspeler wat swart om sy oë smeer en sê: “Ek kan die ander span verpletter” nie. Dit is nie bedoel vir die MMA-vegter wat sy klere aantrek wat hy in die hok dra en sê: “Ek is tot alles in staat deur Christus. Ek kan hierdie ander ou verslaan” nie.

Dit is nie wat hierdie teksvers beteken nie, selfs nie in die minste nie. Paulus praat oor lyding, volharding en om te weet hoe om met gebrek saam te leef. Die boek Handelinge sê vir ons dat die Filippense kerk in uiterste armoede geleef het, en dat daar ‘n sekere stadium in hul armoede was toe hulle nie vir Paulus, wat in die gevangenis was, geld kon gee nie. As jy in ‘n gevangenis in Rome was, voer hulle jou nie. Jy moet vriende hê wat vir jou kos bring. Die Filippense was Paulus se belangrikste bron, maar hulle het nie geld gehad om te gee nie en daarom was daar ‘n tydperk waarin hy gebrek gely het.

Dit is toe dat hy gesê het: “Weet julle, selfs as ek so verneder word, selfs as ek niks het nie, is ek tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Jy het miskien hierdie vers teen jou yskas rakende jou dieet. Dit kan wel help, maar hierdie belofte gaan oor veel meer. As jou lewe voel dat dit uitmekaarval, kan jy alles doen deur Christus wat jou versterk met ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan (sien Filippense 4:7).

Hierdie krag, hierdie vrede is dit wat ons in staat stel om die groot probleme in ons lewens te hanteer. Miskien het jy ‘n bitter eggenoot of verlore kind wat jou hart breek. Die vermoë om deur te druk, kan slegs met die krag van die Here gedoen word.