‘n Glimps van die Hemel

David Wilkerson (1931-2011)

Waar is die hemel? Wat sal ons doen wanneer ons daar kom? Wel, ons weet nie waar die hemel is nie, maar ons weet dat ‘n nuwe hemel kom, sowel as ‘n nuwe aarde.

In die hemel sal ons dinge leer wat eenvoudig nie begryp kan word deur die menslike verstand hier op aarde nie. Ons sal toegang hê tot die gedagtes van Christus self, wat onbeperk is. En Hy sal ons ongetwyfeld leer oor al die ewige dinge.

Beskou vir ‘n oomblik die skynbare oneindigheid wat ons in die ruimte sien. Ons eie sonnestelsel is blykbaar ten minste vyfbiljoen myl in deursnee, en tog is dit ‘n blote kolletjie in die heelal. Wetenskaplike ontdekkings wys daar is ‘n stelsel op stelsel op stelsel, skynbaar sonder einde. Dit is absoluut verbysterend vir die verstand.

Selfs as ons sonnestelsel deur die ruimte spoed en rondom die son wentel, is daar ontelbare ander stelsels wat ook een op die ander beweeg. En dit alles vind plaas volgens God se goddelike orde. Daar kan dan redeneer word dat ons in die hemel dinge gaan doen wat onverstaanbaar is vir ons menslike verstand.

Maar die beste van alles is dat ons by Jesus sal wees. Die apostel Paulus het geskryf, “Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon” (2 Korinthiërs 5:8). Volgens Paulus, is die hemel – om in God se teenwoordigheid te wees vir alle ewigheid – iets wat ons moet begeer met ons hele hart.

Jesus beskryf ‘n groot byeenkoms, wanneer engele “sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan” (Matthéüs 24:31). Miljoene van God se verheerlikte kinders sal hosannas tot die Here sing. Wat ‘n geluid van oorwinning en lof sal dit wees: menigtes weeskinders wat uitroep, “Vader! Vader!” Dink net aan die blydskap wat uit Jesus se gesig straal: “Want aan hulle behoort die koninkryk van God,” sê Hy.

Dan kom die martelare, hulle wat eens gesmeek het vir geregtigheid op aarde en roep, “Heilig, heilig, heilig!” Dan ontstaan daar ‘n magtige gebulder, ‘n geluid wat nog nooit tevore gehoor is nie soos miljoene uit alle nasies en stamme met blydskap dans en sing, “Oorwinning in Jesus!” Toe Paulus weggeruk is na die hemel, het hy “onuitspreeklike woorde gehoor ... wat ’n mens nie mag uitspreek nie” (2 Korinthiërs 12:4). Paulus het gesê dat hy verbyster was oor wat hy daar gehoor het, en ek glo dat hy ‘n voorskou gehoor het van die gesange en lofprysing tot God deur diegene wat vir ewig in sy teenwoordigheid sal juig.

Tags