HEERLIKE VRYHEID VAN VREES

David Wilkerson (1931-2011)

Die toestande in die wêreld vandag veroorsaak dat vrees toeneem. Ons sien die woorde van Jesus waar word: “Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs…Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word” (Lukas 21:25-26). Christus waarsku ons: “Sonder hoop in My, sal menigtes letterlik sterf van vrees!”

Vir Jesus se volgelinge egter, diegene wat vertrou op God se belofte om sy kinders te bewaar, is daar heerlike vryheid van alle vrees. Trouens, almal wat onder die heerskappy van Christus kom, hoef nooit weer te vrees nie, solank hulle die volgende geheim begryp en toepas: Ware vryheid van vrees bestaan daaruit om jou lewe totaal in die hande van die Here oor te gee.

Oorgawe van onsself aan God se sorg is ‘n daad van geloof. Dit beteken om onsself geheel en al onder sy mag, wysheid en genade te onderwerp, om gelei en bewaar te word volgens Sy wil alleen. As ons dit doen, dan belowe die God van die heelal om geheel en al verantwoordelik vir ons te wees – om ons te voed, te klee, te beskerm en om ons harte van alle onheil te bewaar.

Jesus gee vir ons die beste voorbeeld van hierdie soort heilige oorgawe toe Hy na die kruis gegaan het. Net voor Hy sy gesterf het, het ons Here luid uitgeroep, “Vader, in u hande gee Ek my gees oor” (Lukas 23:46). Christus het die bewaring van sy lewe en sy ewige toekoms in sy Vader se sorg geplaas. En daardeur het Hy ook die siele van al sy skape ook in die Vader se hande geplaas.

Jy mag dalk wonder, “Maar het Jesus nie gesȇ dat Hy self die mag het om beide sy lewe af te lȇ en dit weer op te neem nie? (sien Johannes 10:18). As Hy dan die mag gehad het om “sy lewe weer op te neem,” waarom moes Hy sy lewe in God se hande oorgee om dit te bewaar?” Die antwoord is duidelik: Jesus het dit gedoen as ‘n voorbeeld vir al sy volgelinge om te volg!