Die Ongemak van ‘n Lewe Wat Aan die Brand is

Gary Wilkerson

David Platt het ‘n boek geskryf genaamd Radical: Taking Back Your Faith From the American Dream. Dit is ‘n wonderlike boek wat daaroor gaan om jou hele lewe volkome aan Jesus gee. 

Nie lank nadat Platt se boek uitgekom het nie, het ‘n ander outeur ‘n boek geskryf genaamd Ordinary: Sustainable Faith in a Radical, Restless World. Hierdie boek sê basies dat al hierdie radikale dinge nie regtig bedoel is vir “normale” mense nie. Die boodskap was, “Ja, David Platt, jy kan radikaal wees omdat jy betaal word om radikaal te wees. Jy hoef nie by I.B.M. te werk nie, jy hoef nie ‘n loodgieter te wees nie, so hou op om ons onder skuld en veroordeling en skande te plaas deur ‘n beroep op ons te doen om radikaal te wees.”

My vader het altyd gepraat van “kussingprofete,” leiers in die kerk wat van gemak en gerief gehou het en ook aan mense ‘n voorspoedige, gemaklike lewe belowe het. Die profeet Eségiël was uitgesproke teen hierdie soort leiers en gelowiges.

“Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here Here: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid” (Eségiël 34:2-4, AFR53).

Mag God ons help om nie gemaklike lewens te hê wat ander kos nie. Mag Hy ons help om nie ten koste van diegene wat nood rondom ons het, slegs vir gemak te lewe nie. Ek dink ons wil dit hê omdat ons oortuig word van sonde wanneer ons by iemand is wat afgesonder vir God is. Ons dink dinge soos, “Man, ek word goed betaal en het genoeg tyd, maar daardie persoon het vyf kinders en twee werke, en tog lyk dit asof hulle meer van Jesus het as ek.”

Daar is ‘n manier om dit te verander en te onderwerp aan die oortuiging wat die Gees op jou hart mag lê. Ek sê vir jou, wanneer ‘n man of vrou van God van die Here besit neem, of die Here van hulle besit neem, gaan gemak by die deur uit. ‘n Passievolle lewe is nie langer ‘n gemaklike een nie.