Die Heilige van Israel Krenk

David Wilkerson (1931-2011)

“En hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk” (Psalm 78:41, AFR53). Die woord hier vir “gekrenk” kom van twee stamwoorde wat beteken “God bedroef deur ‘n teken uit te krap.” Kortliks beteken om God te krenk om ‘n lyn of kring te trek en te sê, “God is hier binne en Hy gaan nie verder nie.”

Dit is presies wat die vroeë kerk in Jerusalem gedoen het. Hulle het Christus beperk tot ‘n klein kringetjie, en Hom daardeur tot die Joodse bevolking beperk. Ons mag dalk hierdie idee nou verwerp, maar hierdie sienswyse beskryf ook baie gelowiges vandag. Ons het in ons gedagtes ‘n baie klein tekening of konsep van Christus se grootheid gemaak.

Jesus kan nie beperk word nie. Hy breek heeltyd uit ons klein, beperkende kringetjies en reik altyd uit na die uiterstes.

Laat my vir jou ‘n voorbeeld gee. Jare gelede, het Pinksterkerk oënskynlik die doping van die Heilige Gees gehad wat beperk was tot hulle beweging. Baie Pinkstermense het gedink, “Ons is God se Geesvervulde kerk!” Pinksterpredikers het die doodsheid van hoofstroom denominasies betreur. “Hulle het nie die volle evangelie soos ons nie,” het hulle gesê. Skielik het God se Gees deur almal se getrekte kringe gebars. Die Heilige Gees het op gelowiges van alle denominasies neergedaal. ‘n Klassieke boek was geskryf oor hierdie beweging van die Gees genaamd They Speak with Other Tongues by John Sherrill.

Die Here het ook my boek, The Cross and the Switchblade, veral in Katolieke kringe gebruik. Soos Petrus in Handelinge hoofstuk 10, moes ek toelaat dat God in my hart werk voor ek kon aanvaar wat aan die gang was. Ek is Pinkster grootgemaak, en vir die eerste keer in my lewe, het ek priesters sien ween met oortuiging van sonde en uitroep na Jesus.

Gou was daar evangeliese predikers wat met my gestry en aangedring het, “Wat van daardie Katolieke Mariologie? Hoe kan jy mense bedien wat daarin glo?” Ek het myself gekry dat ek in dieselfde gees as Petrus geantwoord het: “Ek weet niks van Mariologie af nie. Al wat ek weet, is dat daar geestelik honger mense in die Katolieke kerk is en daar is ware Jesus aanbidders onder die priesters. God vul hierdie mense met sy Gees.”

God het oral sy kinders en ons moenie een van hulle onrein noem nie. Soos vir Petrus in sy visioen gesê is, “Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie” (Handelinge 10:15). Ons moet versigtig wees dat ons nie Jesus klein voorstel en Hom beperk met ons eng siening nie.