DIE STRYD WAT ELKE HEILIGE BELEEF

Carter Conlon

As ‘n ware volgeling van Christus in hierdie uur, sal jy moet baklei teen allerhande soorte stemme rondom jou – en jy sal stry in jou gedagtes. Elke heilige, sonder uitsondering, sal betrokke wees by hierdie geheime oorlog. Ons sien in die Skrif dat selfs Koning Dawid hierdie stryd van die gedagtes beleef het.

“O HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op … Maar U, HERE, is ’n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef…Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

“Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie … Staan op, HERE; verlos my, my God! ... Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk!” (Psalm 3:2, 4, 5, 7, 8 en 9).

Dawid het hierdie psalm geskryf tydens ‘n seisoen van stryd teen ‘n gevoel van vorige mislukkings en huidige swakheid. Hy het ‘n verskriklike fout gemaak in sy lewe – owerspel en selfs moord – en die gevolge was ernstig.  Hoe moeilik moes dit vir Dawid gewees het om die feit te omhels dat hy steeds aan die wenkant was – dat God trots was op hom en dat die stamboom van Christus steeds deur hom sou vloei.

Ons kan almal terugkyk op ons lewens en dinge sien wat ons wens ons het beter gedoen. Ons mislukkings en swakhede kan dikwels by ons ‘n gevoel tuisbring dat ons ver is van waar ons behoort te wees en die vyand sal ons tart daaroor.

Die apostel Paulus het ‘n spesifieke seisoen in sy reis beskryf toe dit gebeur het: “Maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge” (2 Korinthiërs 7:5). Met ander woorde, stemme van uittarting en gevloek het vrees binne in sy hart veroorsaak.

God het jou geroep om meer as ‘n oorwinnaar te wees – trouens, jy moet ‘n loflied vir Sy Naam op die aarde wees.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.