GOD SE VERBORGE LEËR

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is iets baie kragtig en wonderlik aan die gang in die wêreld vandag. God is besig om ‘n verborge, stille werk te doen, iets so bonatuurlik dat dit bokant menslike begrip is. Hy is besig om ‘n klein maar magtige leër van Christene gereed te maak wat die mees toegewyde leër op die hele aarde sal wees. Die Here gaan die eeue afsluit met ‘n rein, toegewyde, vreeslose oorblyfsel.

My hele lewe lank het ek stories gehoor van ons goddelike voorvaders, manne en vroue wat ure en selfs dae deurgebring het in vas en gebed. Hulle het God se stem geken en die krag gehad om suksesvol die goddeloosheid van hulle tyd teë te staan.

Hierdie voorvaders het lank gelede reeds gesterf, maar God is tans in die proses om nog ‘n leër op te rig. Hierdie nuwe leër sal bestaan uit gelowiges, beide jonk en oud – gewone Christene wat van God besit geneem het! ‘n Hele nuwe realm van bediening is op die punt om te voorskyn te kom!

Die denominasionele kerkstelsel lyk of dit in sy doodsnikke is, en het byna geen invloed in die sekulêre wêreld nie, geen magtige krag van Christus nie. ‘n Groeiende aantal bedienaars raak oral afvallig en wêreldsheid hou aan om in die Kerk van Jesus Christus in te sluip. Die duiwel maak aanspraak op oorwinning, soos meer en meer herders met die pad van kompromie en verdorwenheid af jaag.

Die Bybel sê egter ons moenie bekommerd wees nie! God het ‘n plan en Sy plan word geopenbaar. Hy hoor die geroep van sy kinders wat hulleself heeltemal aan Hom oorgegee het. Mense sal hardloop om hulle te vind en uitroep, “Ek weet jy is iemand wat God aanraak . . . en ek het God se aanraking nodig!”

Geliefde, God wil jou deel maak van sy verborge leër! Hy wil vir jou ‘n bediening gee van ander wat na jou toe kom met hulle laste en beproewings. Wanneer jy tyd met Hom deurbring, sal jy in staat wees om met geestelike gesag op te staan en te sê, “So sê die Here!” omdat jy na sy stem luister.