HEERS IN ONS WEGLOPPELTYE

Gary Wilkerson

Simson was die laaste rigter van antieke Israel wat opgeteken is in die boek Rigters. Hy was bekend vir sy bonatuurlike krag, was ‘n man wie se geboorte deur ‘n engel voorspel is en hy was van voor sy geboorte af gebind aan die Nasareense eed van vroomheid en afsondering. Simson was deur die Here liefgehad en geseën. Die Skrif sê vir ons: “En die vrou het ‘n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën” (Rigters 13:24, AFR53). Sy geboorte het op ‘n tyd gekom toe Israel afvallig geword het, deur die Filistyne onderdruk is en ‘n verlosser nodig gehad het. In sy genade, het God Simson vir hulle gegee.

Vir twintig jaar lank, het Simson hom goed van sy taak gekwyt as hulle rigter en kryger, maar hy was ‘n innerlike gevangene van sy begeertes wat sy uiteindelike ondergang sou beteken. Sy lewe was gekenmerk deur geweld en elke stadium van sy agteruitgang was skokkender as die vorige keer. Hier was ‘n ikoniese figuur, vreesaanjaend en godagtig teenoor sy vyande, maar ‘n passievolle leier van sy volk. Hy het die druk van sy roeping ervaar; hy het die las daarvan gevoel. Simson se ego en chaotiese persoonlike lewe begin om sy missie te oorheers en hy het herhaaldelik die waarskuwingstekens van ondergang geïgnoreer. Hy was in groot gevaar van dit alles, maar was voortgedryf deur ‘n behoefte om te sien hoe ver hy die perke kon oorskry. Uiteindelik het sy geluk uitgeloop.

Simson se lewe – die seën, die puin en sy uiteindelike bekering – gee vandag vir ons die geleentheid om onsself te ondersoek. Die meeste van ons leef nie op hierdie vlak van intensiteit nie, maar ons kan sekerlik aanklank vind by sy menslikheid. Woede, merk. Wellus, merk. Wrokke, wraak, arrogansie – merk. Dit is die sondes van die vlees en hulle is skelm; hulle verskyn nie altyd op dramatiese manier nie. Trouens, goddeloosheid rig gewoonlik die meeste skade aan tydens die mees alledaagse, gewone omstandighede. Let op dat die laaste keer toe Simson noodlottig gevange geneem is, was toe hy geslaap het.

God beveel ons dan om waaksaam te wees; om op te let wanneer ons ego’s wil oorneem. Dit is dikwels die maklikste om terug te val op ons eie krag en onbetroubare gevoelens, maar om sukses te behaal, moet ons terugstaan en die Heilige Gees die leiding laat neem. Jou begeertes sal vir jou ‘n las wees, het die apostel Paulus geskryf; moenie toelaat dat hulle oorheers nie: “Laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons is” (Hebreërs 12:1).