Met Doelbewuste Vrygewigheid Leef

Gary Wilkerson

Wanneer iemand vrygewigheid noem, dink meeste van ons aan geld, of hoe? As ek aan vrygewigheid dink, dink ek: "O, ek het $ 100, so ek sal ek 20 daarvan weggee. Ek moet tiendes gee.”

Ek dink geld is eintlik een van die mindere vorme van vrygewigheid. Moenie my verkeerd verstaan ​​nie! Dit is baie belangrik, maar ek dink die meeste mense, veral in Amerika, het genoeg geld, maar nie genoeg liefde en aandag nie. Vir die meeste Amerikaners, is ware armoede iets wat ons selde ervaar, maar ons het nie genoeg mense wat omgee en tyd en energie in ons lewens inbou nie.

Na my mening, is vrygewigheid meer om jou lewe vir iemand te gee as om jou geld te gee. Die geld is dikwels deel van holisties omgee vir ander, maar dit is nie alles nie. Christus het gesê: “Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” (Lukas 6:38, AFR53) en Paulus het aan die vroeë gemeente geskryf: “Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief” (2 Korinthiërs 9:6-7).

Dit is belangrik om doelbewus te wees oor vrygewigheid. Gewoonlik, wag ons vir 'n vrygewige oomblik om oot ons pad te kom, maar ons moet inisieerders van vrygewigheid word. Ons moenie wag dat iemand sê: "Haai, ek het regtig jou hulp nodig. Kan jy dit vir my doen?” nie. Ons moet vooruit geleenthede soek. “Hoe kan ek dien? Wat kan ek vandag vir jou doen? Ek wil vrygewig wees met my tyd en hulpbronne deur liefde aan iemand te bewys.”

Wees dus doelbewus oor vrygewigheid. Ondersoek jou eie hart. Onderwerp jou begeertes aan God en vra dat Hy jou sal help om vrygewig te lewe. Rus daarna in die wete dat God belowe om ons harte te transformeer sodat ons sy opdragte kan gehoorsaam. “En mag Hy, die God van vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus” (1 Thessalonicense 5:23, AFR53).