Body

Afrikaans Newsletters

Die Goedheid van God in Verhoring van Gebed

Gary Wilkerson

Satan se beskuldigings openbaar dikwels hoe goed God is.

Jy het pas jou kop opgelig en jou oë stadig oopgemaak na 'n tyd van gebed. So, wat gebeur nou? Wat is die effek van dit wat jy so pas gedoen het? Wat sal die impak wees? Wat is jou verwagting?

Dikwels vergeet ons ons gebede sodra ons dit gebid het. Sommige van ons beskou gebed as ‘n plig, iets wat ons doen voordat ons met die dag begin of aan die einde van die dag. Vir sommige is gebed 'n gebaar wat gedoen word namens iemand in nood of om 'n eie versoek te rig. Watter verskil dink ons maak ons gebede regtig?

Die Nabyheid van God!

David Wilkerson (1931-2011)

Hy is nooit nader as tydens ons beproewings nie

Ek wil twee verse met jou deel: “Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas” (Psalm 119:150-151, AFR83).

Daar is ‘n heerlike waarheid in hierdie gedeelte wat jou lewe kan verander en vir jou rus en vrede kan gee ver bokant enigiets wat jy al beleef het. Wanneer jy die feit dat God jou liefhet en voortdurend naby jou is verstaan, dan moet alle vrees en angs wyk!

Met Perde Wedywer

Gary Wilkerson

Geloof vir Tye wat Kom

Ek kan nog onthou hoe diep ek geraak was deur 'n lied wat 'n paar jaar gelede verskyn het. Dit word genoem "Clear the Stage" deur die musikant Jimmy Needham.

Die lied praat van hoe 'n groot aantal kerke – insluitend die laaste een wat ek gelei het – 'n groot indruk kan maak met rookmasjiene, reusagtige videoskerms en ‘n massiewe aantal ligte. Die boodskap van Jimmy was hoe maklik ons ​​afhanklik raak van uiterlike tierlantyntjies soos hierdie en dan Jesus uiteindelik mis.

Wie Het Vir Jou Gesê Dat Jy Onwaardig Is?

David Wilkerson (1931-2011)

Luister na die Kruis in Plaas van die Aanklaer

Wie het vir jou gesê dat jy onwaardig, sleg, nutteloos en van geen waarde vir God is nie? Wie hou aan om jou te herinner dat jy swak, hopeloos en ‘n totale mislukking is? Wie het vir jou gesê dat jy nooit aan God se standaarde sal voldoen nie?

Ons almal weet waar hierdie stem vandaan kom. Dit is die duiwel self. Jy hoor sy leuens die hele dag lank, ‘n stem wat vir jou sê dat God vir jou kwaad is. Daardie stem kom reguit uit die put van die hel.

Die Here is My Herder

Gary Wilkerson

‘n Lewe van Volmaakte Vrede Lei

Elke Christen ken bergtoppe en pieke en diep, donker dale in hulle wandel met Jesus. Volgens my ervaring, is dit in die dale – die lae plekke, beproewings en moeilike tye – waar ons leer hoe om mense van gebed, hoop en dapper diens te wees. Met ander woorde, die dale is waar ons leer om God se getroue getuies te wees in onstuimige tye omdat dit is waar ons sy getrouheid teenoor ons in ons grootste nood leer ken.

Moenie Jou Beproewings Verkwis Nie!

David Wilkerson (1931-2011)

Weet dat Hy Besig is om ‘n Goeie Werk in Jou te Doen

"En ek wil hê dat julle moet weet, broerders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het” (Filippense 1:12. AFR53). In hierdie vers, sê Paulus aan die Christene in Filippi om nie bekommerd te wees oor al die dinge waarvan hulle gehoor wat met hom gebeur het nie. Alles waarna hy verwys, sluit groot verdrukking en swakhede in.

Wie Kan Dit Reguit Maak?

Gary Wilkerson

Sien God se Plan met Elke Krom Draai

Baie Christene ervaar ‘n wending in hul lewens wat hulle nooit sien kom het nie. As dit gebeur, veroorsaak dit ‘n voortdurende beproewing wat hulle nie in hul grootste nagmerries sou kon indink nie. Hulle lewe was op ‘n geseënde koers, miskien een van ambisie en prestasie, begeerte en vervulling, en ‘n strewe na die dinge waarvoor hulle voel God hulle gemaak het. Die lewe self het gelyk soos ‘n reguit lyn vorentoe met ‘n belowende vooruitsig en alle goeie dinge wat voorlê. Toe neem hul lot in die lewe ‘n verkeerde wending.

Een Manier Om Jou Huis Te Red

David Wilkerson

“Laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word; hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word” (Handelinge 11:13,14).

Moet jou huis gered word, letterlik of geestelik, of beide? Is daar ‘n fisieke, geestelike of finansiële ramp wat voor jou deur staan en jou huis bedreig? Word jou huis verskeur deur twis, spanning, ‘n naderende egskeiding, rebelse kinders, ‘n benadeelde liefde of ‘n troebel verhouding? Is jou lewe, jou geloof, jou huwelik, jou huis in enige gevaar? Is daar ‘n behoefte vir ‘n ware wonderwerk van God of vir verlossing en saligheid?

Die Kosbare Bloed en die Magtige Hand

David Wilkerson

Dit is die nag van die Pasga. Die Jode is toegesluit in hulle huise, want God het gewaarsku dat dood oor Egipte kom hierdie nag! Die bloed van ‘n vlekkelose lam is besprinkel op die deurkosyn van elke huis, volgens die Here se bevel. “Maar die bloed sal vir julle ’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie” (Exodus 12:13).

Die Vervolging van die Regverdiges

David Wilkerson

‘n Jong Christen het onlangs hierdie hartseer woorde aan my geskryf, “Vir die afgelope paar jaar het ek gehoor hoe evangeliste, herders en leraars vir hulle gehore sê om alles prys te gee vir Christus. Hulle het my hart aan die brand gesteek en in my ‘n begeerte geskep om die wêreld en alles waarvoor dit staan, te verwerp. Ek was aangesê om Christus eerste te stel in alles, om Sy heiligheid te soek, en om die hele pad met Hom te gaan. So, ek het dit gedoen!