Body

Afrikaans Newsletters

Die Getuienis van die Gees

David Wilkerson

“En dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid” (1 Johannes 5:6).

‘n Aantal jare gelede was ek uitgenooi om ‘n herlewingsbyeenkoms by te woon in ‘n voorstedelike kerk net buite New York Stad. Mense was gaande oor ‘n “suksesvolle veldtog” wat daar deur twee jong manlike evangeliste gehou is. Uiteindelik het ek na een van hulle dienste gegaan, en hulle het my voor laat sit saam met die bedieningspan. Min het ek geweet dat ek op die punt was om ‘n verskriklike belewenis te verduur!

Die Moeder van Alle Sondes!

David Wilkerson

Ek kon vir jou ‘n hele katalogus lys van sondes wat gelowige Christene pleeg. Maar nie een van hierdie sondes sou naby die sonde kom waaroor ek wil praat nie. Hierdie sonde is die moeder van alles sondes – die een wat geboorte gee aan alle ander. Dit is die sonde van ongeloof!

Die Monstervloed van '93 – Wat Beteken dit?

David Wilkerson

Jesus het vir die skrifgeleerdes en Fariseërs gesê, “Julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?” (Matthéüs 16:3). Christus het met ander woorde gesê hierdie godsdiensleiers kon die weer voorspel – maar hulle kon nie die tekens wat God vir hulle gestuur het, herken nie.

Dieselfde is waar van talle gelowiges vandag. Oral rondom ons, giet die Here sy oordele uit oor die land en tog onderskei die meeste Christene dit nie!

Moenie vir Isébel Vlug Nie

David Wilkerson

God beplan vir elke gelowige om in volle beheer van sy of haar lewe te wees – deur die krag en mag van die Heilige Gees! Die Bybel maak dit duidelik dat ons wandel deur die Here gerig moet word. Dawid getuig, “Op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie” (sien Psalm 22:5).

Jou lewe is egter nie onder beheer as jy geviktimiseer word deur ‘n gees van vrees, wellus, neerslagtigheid of depressie nie. As jy heeltyd gebombardeer word met gevoelens van waardeloosheid of gedagtes van moedverloor – is jou lewe nie onder beheer nie!

Die Krag van 'n Onberispelike Lewe

David Wilkerson

“Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo...” (1 Thessalonicense 2:10).

Dit is ‘n heel kragtige stelling om te maak – om God as getuie te roep tot jou heiligheid! Sonder om weg te deins, het Paulus egter voor die gelowiges in Thessalonika geroem:

“Ek en my medewerkers lewe onberispelik voor julle en voor God. Ons optrede was regverdig en rein. God is getuie tot ons heilige gedrag – maar julle is ook getuies. Julle het gesien dat ons heilig en onberispelik wandel voor God en mense!”

God van Kinderverwaarlosing Beskuldig

David Wilkerson

God het ‘n manier waarop Hy met Sy kinders praat deur vir hulle vrae te vra. En die manier waarop Hy hierdie vrae vra, openbaar ons ware gedagtes.

Byvoorbeeld:

Toe Elia in die grot weggekruip het, het die Here gevra, “Elia, wat doen jy hier?”

Toe Petrus begin het om op die water na Christus te loop, en twyfel veroorsaak het dat hy in die golwe weggesink het, het Jesus gevra, “Waarom het jy nie geglo nie?”

Toe Saulus, wat binnekort Paulus sou word, op die Damaskuspad was, het Christus vir hom gevra, “Waarom vervolg jy My?”

Hoe Om die Seën en Guns van God te Verkry en te Behou

Carter Conlon

Die boek Haggai is ‘n wonderlike les oor hoe om die seën en guns van die Here te verkry en te behou. In uiterste eenvoudigheid, beskryf die profeet Haggai hoe God se kinders kan leef en wandel onder God se voortdurende seën en guns.

Haggai wys egter ook die oorsake en redes waarom mense God se seën verloor – en wat hulle moet doen terug te kom in sy guns! Dit is waar vir nasies, families en individue.

Waar Is Die Nege?

David Wilkerson

Dink aan hierdie scenario in Lukas 17: Jesus was op pad na Jerusalem omdat die tyd van Sy kruisiging naby was. Terwyl Hy tussen Samaria en Galiléa beweeg het, het Hy ‘n naamlose dorpie genader. En buite daardie dorpie, was tien melaatses omring deur vuilheid en skande.

Dit is duidelik dat nege van hierdie melaatses Jode was, en een was ‘n Samaritaan. Die Jode van daardie tyd het nie eens aan die Samaritane geraak nie, nog minder saam met hulle gewoon. Maar klaarblyklik het die gemeenskaplike nood van hierdie tien mans hulle saamgesnoer in ‘n gedeelde ellende.

Die Selfvernietiging van Amerika

David Wilkerson

Vir meer as ‘n eeu en ‘n half, het Amerika geen vreemde troepe op sy grond gehad nie. Ons is nie binnegeval, aangeval of gebom nie. Ons het ons soldate uitgestuur om te gaan veg in baie oorloë, maar altyd op ander lande se grond. Ons was inderdaad gespaar gewees – ons het vrede en voorspoed geniet.

Selfs nou, sug Amerika ‘n sug van verligting, omdat daar skynbaar nie meer ‘n kernbedreiging is nie. Ons glo Kommunisme is dood, dat Rusland nooit weer sal opstaan as ‘n wêreldmag nie.

Ken God

David Wilkerson

Ek gaan ‘n baie skokkende stelling maak, en ek bedoel elke woord daarvan: Ek ken God nie regtig nie! Dit is, ek ken Hom nie op die manier wat Hy wil hê ek moet Hom ken nie.

Hoe weet ek dit? Die Heilige Gees het dit vir my gesê. Hy het vir my met liefde gefluister; “David, jy ken God nie regtig op die manier waarop Hy wil jy moet Hom ken hê nie. Jy laat Hom nie regtig toe om vir jou God te wees nie.”