Body

Afrikaans Newsletters

‘n Goedkoop Afslag Evangelie

David Wilkerson

“En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis. En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie” (Lukas 16:1–2).

Wagte van die Nag

David Wilkerson

Ons leef in ‘n tyd waarin die boodskappe van die profete verstaan en verkondig moet word. Jesus het geleef en gepreek en was die hele tyd daarvan bewus dat Hy die woorde van die profete vervul, “En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en ALLES WAT DEUR DIE PROFETE GESKRYWE IS, sal aan die Seun van die mens vervul word” (Lukas 18:31). [Hoofletters in teksverse is ons s’n.]

Die Laodicensiese Leuen

David Wilkerson

Broers en susters – dit is die LOUWARM GESLAG. Jy hoef nie ‘n teoloog te wees om te begryp dat ons by die Laodicensiese era aangekom het, waarvan Jesus geprofeteer het in die laaste sou ontstaan. Vergelyk bloot wat Jesus gesê het oor die louwarm Laodicensiese kerk met dit wat vandag die Kerk van Jesus Christus genoem word. Jesus waarsku dat hy wat ore het, moet luister na wat die Heilige Gees sê oor hierdie godsdienstige stelsel.

Koning Jesus Heers

David Wilkerson

“En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê:  Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15).

Johannes die openbaarder het ‘n hemelse visioen gesien van Christus wat gekroon word as die Koning van die Heelal. Die Heilige Gees het die dooie liggaam van Jesus lewend gemaak; Hy het die laaste vyand oorwin, die dood – en het triomfantlik opgestaan!

Die Sadok Oorblyfsel

David Wilkerson

“En daar het ’n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie? En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor my aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.

Wanneer die Beskutting Afkom

David Wilkerson

Satan self erken dat God ‘n beskermende beskutting het rondom die regverdiges en dat die beskutting nie net hulle nie, maar alles wat hulle het, beskerm – insluitend hulle nakomelinge.

Toe hy Job wou afbreek, het Satan by God gekla, “Het U nie self hom en sy huis en alles wat by het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werke van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land” (Job 1:10).