Is Jy Onderdanig aan God?

Tim Dilena

“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug” (Jakobus 4:7).

‘n Jongman het ‘n roeping op sy lewe gevoel om in sendingwerk te dien en daarom het hy na sy geestelike leier gegaan vir leiding. Gedurende hulle gesprek, het die leier ‘n onafhanklike gees en ‘n senuagtige houding in die jongman onderskei. Toe hy hierdie onstellende tekens sien, het hy hom raad gegee, “Voor jy’n sendeling kan word, moet jy onderdanig word” – wat natuurlik beteken dat hy moes leer om homself te onderwerp.

Onderdanigheid is ‘n moeilike woord maar ‘n baie sterk een. Christene word geskool in die praktyk om Satan oor hulleself, mense, kerke en stede te bind, maar Satan vlug nie tensy die een wat bid ‘n gees wat aan God onderdanig is, besit. Met ander woorde, dit is onmoontlik om die duiwel te weerstaan op enige gebied as daar nie onderdanigheid aan God op elke gebied is nie.

Onderdanigheid erken God se gesag en sy Woord. Dit is relatief maklik om onderdanig te wees totdat jy iets teëkom waarmee jy nie saamstem nie. Byvoorbeeld, as ‘n jongman weet dat die Woord van sê om nie met ‘n nie-Christen te trou nie, maar besluit dat “liefde God troef” en hy voortgaan met die huwelik, is hy nie onderdanig aan die gesag van die Vader nie. Hy kan redeneer dat hy God liefhet en aan Hom onderdanig is, maar ‘n mens kan nie onderdanig wees sonder om gehoorsaam te wees nie. Jy sien, onderdanigheid is die gesindheid, maar gehoorsaamheid is die aksie wat die gesindheid bewys.

Eenkeer het ‘n moeder haar ongehoorsame seun beveel om in ‘n hoekie te gaan sit as straf. Na ‘n paar minute se sit, het die kind vir sy ma gesê, “Ek sit aan die buitekant, maar staan op in my binnekant.” Dit is ‘n perfekte voorbeeld van gehoorsaam wees maar nie onderdanig wees nie.

Die Christelike outeur Edwin Louis Cole het gesê, “Jou vermoë om versoeking te weerstaan, is in ‘n direkte verhouding tot jou onderdanigheid aan God.” Moenie sondig deur te dink dat jy beter as God weet wat die beste vir jou is nie. Erken jou hemelse Vader as jou gesag en gehoorsaam Hom met ‘n glimlag op jou gesig!

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louis.

Tags